Resepte Afrikaans  - Outydse melktert                              Na: Uit die Kombuis                           Home

Heerlike outydse melktert

Kors:

1 Koppie meel
1 teelepel bakpoeier
bietjie neut of lemoenolie
sout
1 eier
¼ koppie botter/margarine
bietjie melk
¼ koppie suiker

Maak aan tot n slapperige deeg.  Druk vas in n glasbak en bak vir 15min by 180°C of totdat deeg effens
verbruin.  Moet nie te lank bak nie anders word kors hard.  Haal uit oond en gooi vulsel in kors terwyl die
kors nog warm is.

Vulsel:

Kook 4 ½ koppies melk
Meng 3 eiergele (eiergeel en wit geskei) en ¾ koppie suiker baie goed
Voeg 2 ½ desertlepel opgehoopte meel en 2 ½ desertlepel opgehoopte maizena by.
Voeg 3 eetlepels botter/margarine by
Klits die mengsel baie goed
Voeg bogenoemde mengsel by gekookte melk.  Roer die mengsel terwyl dit kook totdat dit verdik.  
Haal van stoof af en gooi geklitste eierwit by.  Roer goed totdat die geklitste eierwit goed gemeng is
met mengsel.  Gooi die vulsel in reeds gebakte kors.  
Gooi kaneel oor en laat staan die melktert by kamertemperatuur.