Doen dit met Kaas                                     Uit die Kombuis                                 Home

Van Kaasballetjies tot Kaaspoffertjies

Kaasballetjies
Wit van 2 eiers
Gerasperde Cheddar kaas
1/2 teel sout
knippie rooipeper
Klits eierwitte styf en vou die ander bestanddele in.
Vorm die balletjies so groot soos okkerneute en braai in diep - olie.
Dreineer op bruinpapier, rol in fyn gerasperde kaas en dien warm op aan peusel-stokkies.
Lewer 1 dosyn of meer.

Kaas-en-Chilli Poffertjies
250 ml Snowflake Bruismeel (140 g)
5 ml bakpoeier
1 ml sout
2 ml mosterdpoeier
7 ml gekapte chillies of 2 ml rooi peper
250 ml gerasperde Cheddarkaas (100 g)
1 ekstra-groot eier
125 ml melk
15 ml botter, gesmelt
Verhit oond tot 200°C.
Sif droë bestanddele saam. Sit chillies en kaas by.
Klop eier, melk en gesmelte botter.
Plaas by droë bestanddele en meng liggies.
Skep lepels vol in 'n poffertjiepan en bak 10-12 minute.
Bedien warm.

Kaaskoek Tipe-Tert
Kors:
1 Pakkie Tennisbeskuitjies
2 groot lepels margarien / botter
(Smelt botter in mikogolf of op plaat. Sit beskuitjies in plastieksak, slaan en trap daarop totdat dit baie fyn is. Meng
in tertbord met beskuitjies en druk vas as kors.)
Vulsel:
1 blikkie (410g) gunstelingvrugte (appeliefie/ aarbei/koejawel)
1 koppie volgeprop met malvalekkers (marshmallows)
1 houertjie (koppie) vars room
Smelt die Malvalekkers (marshmallows) op die plaat - haal dan af, voeg 'n bietjie van die vrugtestroop in die blik by,
gooi die res weg of drink dit (baie lekker)
Sny die vrugte (as dit groot is - los appeliefies net so) in klein stukkies, en voeg by.
Klop room styf en vou dit daarby in, skep in die kors en sit in die yskas vir net 15 minute - en dien op.
Ideaal vir onverwagte gaste!!! Dit kan sommer 'n nagereg ook word in nood? dien op met roomys

Kaaskoekies
250 gm cheddarkaas
250 gm meelblom
1/2 teel peper
250 gm botter
1/2 tl sout
knippie rooi peper
Sif die meelblom, sout, peper en rooipeper in 'n mengbak.
Sny die botter in klein stukkies en vryf dit in die gesifte meelmengsel.
Rasper die kaas nou by die mengsel en vryf goed in.
Die deeg is baie ryk en u sal vind dat dit in 'n plat pan gedruk kan word of in 'n kolwynpannetjie.
Bak teen 230°C tot ligbruin.

Kaaspoffertjies 1
1 koppie meelblom
1/2 teel sout
4 teel bakpoeier
1 eier
knippie rooipeper
3/4 koppie melk
1 groot koppie gerasperde kaas met sterk geur
1 teel mosterd
1 eeteel gesmelte botter
Klits eier en voeg melk by. Voeg kaas, mosterd en botter by.
Sif ander bestanddele en meng goed. Dit is 'n slap deeg
Sit 'n teelepelvol in gesmeerde kolwyntjie pannetjies.
Bak vir 10 minute teen 220°C. tot mooi goudbruin.
Smelt intussen 5 tafellepels botter en 4 teel Bovril en gooi oor poffertjies sodra dit uit die oond kom. Bedien warm.

Kaaspoffertjies 2
1 koppie meelblom
1/4 teel peper
sout
1 koppie melk
1 koppie gerasperde sterk kaas
3 gelyk teel bakpoeier
1/2 teel mosterd
Meng alles en voeg dan melk by. Bak vir 10 minute teen 230°C in goedgesmeerde kolwyntjiepannetjies.