Heerlike Terte                                             Uit die Kombuis                                 Home

3 Heerlike tert resepte

Aarbei-tert
Beskuitjiekors: 1/2 pakkie Tennis beskuitjies + botter.
Vulsel: Verhit een koppie suiker en een koppie water.
Maak twee opgehoopte eetlepels maizena aan met water en voeg by mengsel.
Kook tot gaar en haal van stoof.
Voeg twee groot eetlepels aarbeijellie by en roer tot gesmelt.
Pak 250 gr. ryp aarbeie (afgewas) lekker styf in kors en gooi warm aarbeivla daar oor. Wanneer koud, plaas in yskas.
Versier net voor bediening met 125 ml. geklopte, versoete room.

Appeltert 1
(Dit is my ma se resep, so daar word nog in koppies (250 ml), eetlepels (15 ml) en teelepels (5 ml) gemeet.)
Die beslag is genoeg vir 'n normale ronde tertbak. Indien 'n kleinerige vierkantige bak (plus minus 20cm x 15cm)
gebruik word, moet resep dubbeld aangemaak word.
1 Koppie Bruismeel
2 eiers
knippie sout
1 blik tertappels (normale grootte)
1 koppie suiker
2 Eetlepels gesmelte botter
1/4 koppie melk

Meng suiker, eiers, botter, sout en melk saam.
Sif meel en meng bietjie-bietjie saam in suikermengsel.
Gooi mengsel in bak en skep appels oor mengsel.
Bak in oond 180°C vir 3/4 uur. (Na 'n halfuur kan die oondtemperatuur na 150°C verlaag word om te voorkom dat
die tert te donker word.)
Maak sous

Sous
1 klein blik Ideal Milk
1 Teelepel Vanielje Essens
1 koppie suiker
Gooi alles saam in pot en bring tot kookpunt
Gooi warm sous oor tert sodra tert uit die oond kom.

Appeltert 2
Koekmengsel:
1 k koekmeelblom
Knippie sout
2 eiers
1 t bakpoeier
1/4 k melk
1/4 k suiker
1 klein blikkie tertapples (425 g)
Klits eiers goed. Voeg suiker by en klop.
Sif meelblom, bakpoeier en sout. Voeg by eiermengsel om die beurt met melk. Klop goed.
Gooi in gesmeerde tertbord.
Rangskik tertappels eweredig in die koekmengsel.
Bak vir 'n halfuur teen 180°C

Stroop:
1/4 k suiker
1 k room
1 t karamelessens
Kook bogenoemde saam vir 5 minute.
Gooi kokend oor gaar koekmengsel

Cremora Yskastert
500g sakkie Cremora
1 koppie yskaswater
2 blikkies kondesmelk
250ml suurlemoensap
1 pakkie tennisbeskuitjies
Gooi Cremora in mengbak. Voeg yskaswater by (dit moet yskaswater wees) en klits tot glad. Voeg kondesmelk by en
hou aan klits.
Voeg nou die suurlemoensap by, nie alles op een slag nie, anders word dit nie styf nie. Klits die heel tyd en gooi so
kort-kort 'n spuit suurlemoensap by. Dit moet so ongeveer 15min neem om die hele botteltjie in te spuit. Teen die tyd is
die mengsel baie dik.
Pak tennisbeskuitjies in bak uit en skep mengsel bo-oop, en krummel beskuitjies bo-oor. Dit kan dadelik geeet word of in
die yskas gebêre word vir later.