Kerrie-Piesang en Piesang-Patat                Main page/Hoof bladsy                           Home

Twee heerlike disse. Net iets anders.

Kerrie-piesang
2 gekapte uie                            12,5 ml appelkooskonfyt
25 ml botter                               12,5 ml asyn
12,5 ml kerriepoeier                  1 ml sout
1 suur appel, geskil                   250 ml water
en grof gerasper                         4 piesangs

Braai die ui bruin in die botter.  Roer die kerriepoeier by en braai vir nog 'n rukkie. Voeg die res van die bestanddele by,
behalwe die piesang. Maak die kastrol toe en stowe saggies vir omtrent 10 min. Sny die piesangs in die lengte deur en
pak in die sous. Stowe saggies vir nog 10min.
Skep die piesangs in die middel van 'n opskepskottel, omring met gaar rys en hard gekookte eierhelftes.
Versier met tamatie- en groenrissieringe.
Lewer 2 porsies.

Piesang-patat
500 ml gaar patat                     1 piesang, in skywe gesny
1 eier, geskei                            25 ml suiker
25 ml botter                              2 ml sout

Klop die patat, eiergeel, botter en sout saam. Skep in 'n gesmeerde bakskottel en pak die piesangskywe daarop.
Klits die eierwit met die suiker totdat dit 'n dik, stywe meringue vorm.  Smeer die meringue met 'n vurk oor die patatmengsel.
Bak 30 min in 'n matige oond 180°C (350°F).
Lewer 4 porsies