Resepte Afrikaans - Groenboontjiebredie                         Na: Uit die Kombuis                    Home

Groenboontjiebredie
750g Lamskenkel in skywe gesny
15ml Koekmeelblom
10ml Kookolie
2 Uie, gekap
200ml Vleisaftreksel
15ml Suurlemoensap
7ml Sout
2ml Varsgemaalde Swartpeper
750g Gekerfde groenbone
250g Aartappels, geskil en in kwarte gesny

Metode
Rol vleis in koekmeelblom en braai bruin in verhitte kookolie. Voeg ui by en soteer tot deurskynend. Voeg verhitte
vleisaftreksel en die res van die bestanddele by, plaas deksel op en prut vir 1 1/2 tot 2 uur of tot vleis sag is.