Wynhoender                             Main page/Hoof bladsy                  Home

'n Heerlike hoendergereg

6-8 hoenderstukke
Sout en peper
30 ml koekmeelblom
3 ml kerriepoeier
1 hand vol pitlose rosyntjies
250 ml wit wyn ( kan vervang met water)
30 ml Worcestersous
30 ml tamatiesous
5 ml suiker
15 ml kookolie
1. Voorverhit die oond tot 180°C
2. Geur die hoender liggies met sout en peper.
3. Meng die meelblom en kerriepoeier en rol die hoenderstukke daarin.
4. Plaas hoender in 'n oondskottel met 'n deksel.
5. Strooi die rosyntjies oor.
6. Meng die res van die bestanddele en giet oor die rosyntjies.
7. Sit deksel op en bak 1 – 1uur en 30 minute