Lemoen-Chiffontert                  Main page/Hoof bladsy                  Home

'n Heerlike lemoen sensasie

Kors
Beskuitjiekors (mariebeskuitjies)
Vulsel
3 eiers, geskei
125 ml lemoensap
250 ml suiker
15 ml gelatien (week in 60 ml water)
1. Klits eiergele en meng met lemoensap en die helfte van die suiker (125ml).
2. Verhit die mengsel oor kokende water, roer aanhoudend tot die mengsel
dik is.
3. Verwyder van hitte, voeg die gelatien wat in water geweek is by en roer
tot dit gesmelt is.
4. Klits die eierwitte styf en voeg die res van die suiker (125ml) by.
5. Vou dit in die mengsel in.
6. Skep die mengsel in tertbak en plaas in koelkas.
7. Sprinkel perskegeur jellie bo-oor vir versiering.