Resepte Afrikaans - Beesvleis aartappelbrood                     Na: Uit die Kombuis                     Home
Verglansde beesvleis-aartappelbrood

500g kruisstuk
3 repe spekvleis
1 klein ui
60g vars broodkrummels (250ml)
220g fyngemaakte aartappel (250ml)
1 eier - geklop
5g sout (5ml)
500mg peper (1ml)
5g bruinsuiker (5ml)
250mg neutmuskaat (0,5ml)
geroomde botter
pietersielie

Maal die vleis, spekvleis en die ui.  Roer die broodkrummels, aartappel, die eier en smaakmiddels by
en vorm `n dik rol met die afgedopte hardgekookte eiers binne in.  Rol eers die botterpaper en dan in `n
skoon doek.  Bind die kante goed toe.  Plaas die rol lop `n bord in `n kastrol met kookwater en kook
stadig vir 1 ½ uur.  Haal uit en plaas `n gewig bo-op.  Laat om aft e koel.  Verwyder die doek en papier
en verglans.

       `n Verglansiong kan baie gou berei word deur 4g gelaties (7ml) in 25ml koue water te week en dan in
        50ml kookwater op te los en 2ml groente ekstrak by te voeg.  Laat om aft e koel en sodra dit begin stol,
        word dit gelykweg oor die rol met `n kwassie gesmeer.  Garneer die rol met geroomde botter, deur `n
        versierbuisie gedruk en takkies pietersielie.