Resepte Afrikaans - Piesang appelslaai                             Na: Uit die Kombuis                         Home

Piesang-appelslaai

Slaaisous:
250ml mayonnaise
125ml kondensmel of natuurlike joghurt
15ml kerriepoeier
1ml fyn koljander - optioneel
1ml fyn komyn (jeera) - optioneel
1ml mosterdpoeier
30ml bladjang of suiker - optioneel
sout en peper na smaak
melk

Slaai:
500g piesangs, in skywe gesny
3 groen appels, ontkern, maar nie geskil nie en in blokkies gesny
suurlemoensap
50-100g hasel-of pekanneute, fyn gekap
125-250ml pitlose rosyne

Meng al die bestandelevir die slaaisous goed saam.  Voeg net genoeg melk by sodat die slaaisous nie
te styf is nie.  Roere tot glad. Hou eenkant.

Pak `n lag piesangs en appels in `n mooi glasbak.  Sprinkel `n bietjie suurlemoensap oor om te voorkom
dat dit verkleur.  Strooi van die gekapte neute en van die rosyne oor.  Giet ook `n bietjie van die slaaisous
oor en herhaal die lae tot al die bestandele opgebruik is.  Sit van die orige sous apart voor indien daar enige
oor is.

Verkoel tot benodig.  Genoeg vir 6 mense.

 As die Kerrie, koljander enjeera in die slaaisous vir jou rouerig proe, kan jy `n ui fyn kap, dit in `n bietjie
olie sorteer tot sag, die geurmiddels byvoeg en sowat `n minuut lank roerbraai tot gaar.  Koel dan effens af
en voeg die res van die slaaisousbestandele by.  Meng goed.