Vleispasteitjies Na: Uit die Kombuis Home
Pasteitjies is altyd 'n wenner. Kan vir enige geleendheid bedien word.
Bestandele:
2 lb beesvleis in blokkies 1/4 koppie asyn
2 eetl. braaivleis speserye sout
Genoeg water om baie sous te maak
Metode:
Kook alles saam tot vleis lekker sag is. Bind met mielieblom sodat dit styf
is wanneer koud. Laat koud word voor gebruik.
Pastei deeg:
6 kop. meelblom 1/2 lb margarien
1 tel. kremetart 1/2 lb botter
4 tel. bakpoeier 2 eiergele goed geklits met
omtrent 1 1/4 koppie yswater
Metode:
Meng alle droë bestandele. Vryf botter en margarien goed in meelmengsel.
Roer eier en yswatermengsel liggies in met vurk. (Deeg moet sag wees
maar hanteerbaar). Sit in yskas vir 'n rukkie. Rol baie dun uit en druk af
met drukker. Plaas vormpies in kolwyntjiepanne. Skep koue vleis in
en dek met kleiner vormpie. Smeer goed met melk of eierwitte om die
kante, en vou toe.
|
||