Ongekookte Fudge                                                                         Na: Uit die Kombuis                                           Home
Fudge is altyd een van daardie lekkernye wat nie weerstaan kan word nie.
Bestandele:
3 Pakke (200g elk) Mariebeskuitjies (fyngedruk)
1 Pak (500g) Versiersuiker, gesif
500g margarien, gesmelt
1 blik (380g) karamel kondensmelk, geklits tot glad
10ml vanieljegeursel

Metode:
Spuit 'n bakplaat van 27 x 39cm met kleefwerende
middel.
Meng die mariebeskuitjies en gesifte versiersuiker
saam in 'n groot mengbak.
Klits die margarien, karamel kondensmelk en vanielje-
geursel en meng goed.  Druk die mengsel vas in die
voorbereide bakplaat en plaas in die koelkas om hard
te word.
Laat oornag in die koelkas vir die beste resultate.
Sny in blokkies en bêre in 'n lugdigte houer in die
koelkas.
Lewer ongeveer 60 blokkies