Appelkoosbladjang Na: Uit die Kombuis Home
Bladjang is welkom op enige kos tafel.
Bestandele:
100 appelkose 1 groot ui
1/2 huisie knoffel 2 1/2 pd suiker
1 teelp. rissiepeper (cayenne) 1 eetlp. sout
2 eetlp. fyn gemmer 1 bottel asyn
Metode:
Rasper of kap die uie en die knoffel fyn en kook 10min lank
in asyn tot sag. Voeg suiker, sout en speserye by vars of
gestoofde appelkose en kook 30-60min in asynmengsel tot
dit dik genoeg is. Roer af en toe om te voorkom dat dit brand.
Gooi dit in 'n warm bottel en verseël dit dadelik. Sorg dat
geen metaal met bladjang in aanraking kom terwyl dit
gekook of bewaar word nie.
|
||