Karamel-piesangyskas Tert                                                            Na: Uit die Kombuis                                                   Home

Weer een van daardie heerlike watertand resepte. Bederf die gesin en vriende met hierdie karamel-piesangyskas tert.

Bestandele:
3/4 van 'n 200g pakkie mariebeskuitjies, fyn gedruk
125ml (1/2k) botter, gesmelt
1 blik (385g) karamelkondensmelk
3 groot piesangs

Metode:
Bespuit 'n tertbord, 19cm in deursnee, met kleefwerende
kossproei.
Meng die beskuitjiekrummels en botter, en druk die mengsel
vas in die voorbereide tertbord.
Klits die karamel tot glad en skep in die tertkors.  Maak gelyk
bo-op en hou eenkant.
Doop die piesangs met skil en al in kookwater om verkleuring
te voorkom.
Skil af en sny in dun skyfies.  Rangskik die skyfies bo-op die
karamel.
Plaas die tert in die yskas om effens te verstewig.  Dien koud op.
Lewer 1 medium grootte tert.