Klapperblokkies                                                                                 Na: Uit die Kombuis                                              Home

Klapperblokkies is 'n ware smulhappie deur die hele dag.

Bestandele:
250ml klapper                      12.5ml gelatien
25ml kouewater                   100ml kookwater
2ml vanieljegeursel              1 eierwit
250ml strooisuiker

Metode:
Stel oond op 180°C
Plaas klapper in bakplaat en plaas in oond en rooster tot goudbruin.
Roer af en toe.  Haal uit en laat koud word.
Week gelatien in koue water en laat staan vir 2min.
Roer die geweekte gelatien in kookwater en roer goed totdat die
gelatien heeltemal opgelos is.
Roer vanieljegeursel by.
Laat gelatienmengsel afkoel maar moet nie stol nie.
Voeg eierwit by gelatien mengsel en klits baie goed met elektriese
klitser tot skuimerig.  Voeg suiker bietjie vir bietjie by klits baie goed
totdat styf is en punte opstaan.
Smeer 'n vierkantige bak met margarine.  Skep mengsel in bak en
maak gelyk.
Plaas in koelkas tot tyf vir 30min.
Sny in blokkies met 'n warm mes en rol blokkies in klapper.