Heerlike outydse melktert                                                      Na: Uit die Kombuis                                                               Home

Ons is almal mal oor melktert. Hoekom nie die resep probeer nie.

Kors:
1 kop meel                                    1 t bakpoeier
bietjie neut of lemoenolie             sout
1 eier                                             1/4 koppie botter/margarien
bietjie melk                                   1/4 kop suiker

Metode:
Maak aan tot slapperige deeg.  Druk vas in 'n glasbak en bak
vir 15min by 180°C totdat deeg effens verbruin. Moet nie telank
bak nie anders word kors hard.  Haal uit oond en hou bord eenkant.

Vulsel:
Kook 4 1/2 koppies melk
Meng 3 eiergele (eiergeel en wit geskei) en
3/4 kop suiker baie goed.
Voeg 2 1/2 desertlepel opgehoopte meel en
2 1/2 desertlepel opgehoopte maizena by.
Voeg 3 eetlepels botter/margarien by.
Klits die mengsel baie goed
Voeg bogenoemde mengsel by gekookte melk.  Roer die mengsel
terwyl dit kook totdat dit verdik.  Haal van stoof af en gooi geklitste
eierwit  by.  Roer goed.
Gooi die vulsel in die reeds gebakte kors.
Gooi kaneel oor en laat staan die melktert by kamertemperatuur.