Lemoenkoek Na: Uit die Kombuis Home
Vir die fynproewer, 'n lemoenkoek.
Bestandele:
750ml ongesifte koekmeel 15ml bakpoeier
1ml sout 200ml margarien by kamertemperatuur
500ml strooisuiker 2 lemoene
3 ekstra groot eiers
Vulsel en versiersel:
1 ekstra groot eier 50ml lemoensap
gerasperde skil van 1 lemoen 500g Versiersuiker
Metode:
Voorverhit oond tot 190°C. Smeer twee langkoekpanne, elk 23cm in deursnee en bespuit
met 'n bietjie koekmeelblom of bespuit panne met nie-kleefmiddel. Sif koekmeelblom,
bakpoeier en sout drie keer saam. Rasper die skil van 1 lemoen. Druk albei lemoene
se sap uit en vul dit met koue water aan totdat dit 250ml is. Voeg lemoenskil by lemoensap.
Room botter en strooisuiker, voeg eiers een vir een by bottermengsel en roer goed na elke
byvoeging. Roer meelmengsel beurtelings met lemoensapmengsel by bottermengsel; begin
en eindig met meelmengsel en roer in een rigting tot gemeng. Skep deeg in koekpanne en maak gelyk.
Bak 40-45min. Oondrak moet in middel van oond wees.
Toets of gaar deur liggies met die vinger op die koek tge druk. As die duikie terugbeweeg is die koek gaar.
Haal uit oond, laat effens afkoel in panne en keer dan uit op 'n draadrak en laat koud word.
|
||