Beesvleis Braaistuk                                        Na: Uit die Kombuis                      Home


30ml olie
2 uie, gekerf
10ml worcestersous
2 - 3ml swartpeper
2 wortels geskraap, in dik snye
45ml tamatiepuree
2 - 3ml sout
1.5kg beesbraaistuk bv. binneboud
4 koppies biefaftreksel
5ml suiker
15ml meelblom
3ml gemengde kruie

Verhit die olie en margarien en braai die beesvleis tot bruin. Verwyder uit die pan. Plaas die wortels en die uie in die
pan, verbruin en verwyder. Voeg meelblom by en braai tot bruin. Voeg bietjie meer olie by, as dit nodig is. Voeg
aftreksel by en laat kook. Roer puree, worcestersous, gemengde kruie, suiker, sout en peper in. Sit vleis terug in
pan. Verminder die hitte, sit deksel op en laat prut vir 11/2 uur. Voeg weer die groente by en laat weer prut vir ongeveer
30 minute.