Ouma Nanna se Beesvleispotbraad                      Na: Uit die Kombuis                      Home

50ml
1.3kg binneboud of dikrib, in een stuk

Geurige Sous:
300ml tamatiesous
50ml suurlemoensap
'n paar druppels tabascosous
13ml worcestersous
3 lourierblare
40ml koekmeelblom
300ml water
15ml aangemaakte mostert
75ml vrugte blatjang
40ml heuning
7ml sout
50ml pietersielie, fyn gekap

Verhit die olie oor hoë hitte in 'n kastrol. Braai die vleis alkante bruin, skep uit en hou dit eenkant. Giet alle oortollige
olie uit die kastrol. Berei die geurige sous: Voeg al die bestanddele vir die sous behalwe die koekmeelblom en
pietersielie in 'n kastrol. Klits goed met 'n draadklitser. Verhit die sous tot kookpunt. Voeg die vleis by. Laat dit weer
opkook, plaas die deksel op en laat dit 11/2 uur lank oor lae hitte prut, of totdat die vleis sag is. Draai die vleis af en
toe om. Skep die vleis uit die sous en sny dit met 'n lang, skerp mes in skywe. Rangskik die skywe in 'n verhitte, vlak
oondbak. Maak die koekmeelblom met 'n klein bietjie koue water aan in 'n bakkie. Voeg dit by die sous in die kastrol.
Roer dit met 'n houtlepel oor matige hitte tot dik. Giet die sous oor die vleis en garneer met pietersielie.
Lewer 4 - 6 porsies.