Ma se lekker hoender                                   Na: Uit die Kombuis                      Home

2 hoenders

Marinade:
175ml sonneblomolie
125ml HP sous
125ml tamatiesous
50ml Aromat
20ml braaivleisspeserye
5ml piri-piripoeier
1 knoffelhuisie (geskil en gekneus)
125ml blatjang
125ml worcestersous
25ml knoffelsout
20ml borrie
5ml gemengde kruie

Maak die hoenders skoon, sny in porsies en was dit af in koue water. Droog die porsies af met kombuispapier.
Meng die bestanddele vir die marinade. Gebruik 'n bak met 'n deksel wat goed kan verseël. Pak die hoenderstukke
daarin en bedek elke laag met marinade. Sit die deksel op, plaas in yskas en laat die porsies ongeveer 12 uur
marineer. Draai dit twee keer in die tyd om. Plaas die porsies met die marinade in 'n enkele laag in 'n groot oondpan.
Bak dit ongeveer 3 uur lank by 100°C, maar hou dit teen die end dop en stel die hitte laer as die marinade te bruin
word.