Eend met lemoen                                                 Na: Uit die Kombuis                      Home

2kg jong eend
sout en peper na smaak
paprika

Sous:
6 lemoene
200ml droë witwyn
1 hoenderekstrakblokkie
10ml mielieblom gemeng met 'n bietjie water
1 suurlemoen
30ml bruinsuiker
50ml tamatiesous

Sny alle sigbare vet van vleis af. Geur met paprika, sout en peper. Braai vir sowat 90 minute by 180°C. Bestryk gereeld
tydens braaityd. Sny die skil van 2 lemoene in baie dun repies. Skil ook alle witskil af en sny huisies tussen vliesies
uit. Plaas huisies eenkant. Druk sap uit orige lemoene en suurlemoen. Maak 'n sous deur skil, lemoen-en-suurlemoen
sap, wyn suiker, hoenderekstrakblokkie en tamatiesous in 'n kastrol te plaas en vir 10 minute te laat prut. Verdik met
mielieblom. Voeg lemoenhuisies by en verhit. Verwyder die vel van die eend voor bediening en skep die sous bo-oor.