Skool lag na moles met muise                        Deurpad                         Home                                 

Pretoria in die jare 70's, die goeie ou tyd - Daar was gister groot "huismoles" by die hoërskool Gerrit Maritz toe
'n poetsbakker 20 witmuise onder die skoolmeisies wat voor in die skoolsaal gesit het, losgelaat het.
Die wit gedaantetjies het sowat 26 van die skoolmeisies gebyt. Die afsluitingverrigtinge voor die eksamen maandag
begin, is stopgesit. Die meisies is inderhaas hospitaal toe geneem waar hulle inspuitings teen klem in die kaak ont-
vang het.
"Dit was chaos," het die hoof van die skool Mnr. J.H. Meintjies gister gesê. "Ek het net die godsdiensopening afgesluit
toe die meisies wat voor in die saal sit skielik begin gil. Ek het nie geweet wat aan die gang is nie. Die meisies het
opgespring en probeer by die deur uitkom. Toe sien ek eers die witmuise. Dit was 'n hele affêre."

Die muise is na 'n groot gesukkel aangekeer. Die poetsbakker en twee van sy maats wat help beplan het aan die
huismoles, het elk vyf van die bestes gekry. Die meisies wat gebyt is, is na die inspuitings terug skool toe. Gistermiddag
het die hele skool oor die "affêre" gelag.
"Dit was 'n goeie poets, net jammer dit is op die verkeerde tyd gedoen," sê Mnr. Meintjies. "Ons aanvaar dat dit gedoen
is in die gees van die komende eksamen. Ons ken die seun wat die muise by die deur ingegooi het. Hy is die soort man
wat aan so 'n soort poets sal dink."

En die man wat al bekend geraak het vir sy poetse by die skool is 'n matriekseun. Die hoof het hom gister na die groot
"ontwrigting" maar huistoe gestuur om van die muise ontslae te raak.
"Ek het die witmuise maar aan 'n meisie gegee. Ek wil hulle tog nie hê nie. Die hoof wou nie dat ek hulle op die skool-
terrein los nie." Het die seun gister by sy ouerhuis gesê.

Hy is sommer baie lief vir poetse bak, sê hy. "Ek het nie gedink die goed kan 'n mens byt nie. Dis seker omdat die
meisiekinders die goed vasgegryp het. Die tyd was ryp om 'n grap te maak. Ek het iewers in 'n boek gelees van so 'n
klomp muise wat by 'n skool losgelaat is en die plan aan my maats voorgestel."

My maats het gedink dis 'n skitterende gedagte en die muise is teen R1.35 by Onderstepoort gekoop. "Ek wou gehad
het ons moet by elke deur 'n klomp ingooi, maar die ouens was te bang. Toe het ek maar die hele klomp voor tussen die
meisies ingegooi," sê Jan.

Hy het glo dadelik omgevlieg en gehardloop net toe hy die kartondoos met die muise in die saal ingegooi het. "Toe ek
weghardloop het ek net gille gehoor en geweet die plan werk". Hy het eers agter die dam by die skool gaan wegkruip.
"Toe het ek besluit ek sal maar gaan sê dit was my skuld".

"Ek het die pakslae verdien maar ek dink dit was die moeite werd. Miskien was die tydsberekening nie heeltemal reg
nie. Ek is bly die onderwysers en die hoof het dit nie te ernstig opgevat nie. Dit was net 'n poets vir oulaas voor die
eksamen wat deur 'n hele klomp van ons beplan is".

Die "slagoffers van die muisaanval" het gister ook lekker gelag oor hulle groot skrik. "Ek is vreeslik bang vir 'n muis.
Nog 'n ding waarvoor ek bang is,is 'n inspuiting en daar kry ek van altwee op een dag", sê een van die meisies.

In die personeel kamer het die onderwysers oor 'n koppie tee geskerts oor die poets. "Een matriekseun sal sy gram-
matika moet regkry voor die eksamen", het 'n onderwyser vertel. "Die seun het my met 'n groot gebaar gerusgestel
dat die muise van Onderstepoort "steriel" is en dat die meisies niks sou oorkom nie. Ek het toe maar geantwoord hy
moet onthou die muise het hulle gebyt".

Hierdie was natuurlik een van die vele poetse waarmee hy vorendag gekom het. As hy so vinnig terugdink kan hy die
keer onthou toe hulle die onderwyser uit die klaskamer uitgesluit het en o ja, die keer met die brandslange. Daai het
'n seer pakslae gekos. "Miskien was die een met die muise die heel beste. Maar nou is die dinge verby. Van nou af
moet ek leer vir die eksamen. Ek wil volgende jaar Tukkies toegaan", sê hy.