Die Wëe van Islam
Die Weste, Islam en die res van die wêreld, saam op een verhoog

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22    Home

Fanatiese Islam
Ongeag die feit dat Islam deur Moslems beskryf word as vredevol en verdraagsaam assosieer mense Islam met geweld, terro-risme, aggressie, selfmoord bomaanvalle, Osama bin Laden en terroriste/militante organisasies en bewegings soos al-Qaeda,
al-Shabaab, Ansar al-Islam, Army of Islam, Hamas, Hezbollah, Muslim Brotherhood, Taliban, Abu Sayyaf en menige ander.
Hierdie terroriste/militante organisasies en bewegings staan bekend as Jihadi terroriste groepe. Jihadi terrorisme is 'n ern-
stige bedreiging vir vrede, veiligheid, vryheid en demokrasie. Geen land in die wêreld is immuun teen die bewegings en hul bose aksies nie. Die basiese uitgangspunt van jihadi terroriste is dat hulle gewelddadige optrede spruit uit gevoelens van woede en
haat. Die Qur'an verskaf die nodige regverdiging vir Jihadis om dodelike terroriste-aktiwiteite uit te voer.

                
1) Muslim Brotherhood embleem.  2) Vlag van Hamas  3) Oorlogs vlag van al-Shabaab

Die 26 Februarie 1993 en 9/11 (11 September 2001) aanvalle in New York en die herstel daarna.

Die "Twin Towers" van die World Trade Center Kompleks in New York Stad voor die (9/11) tragedie.
Die World Trade Center Kompleks het uit 7 geboue bestaan.
Konstruksie van die twee geboue het in 1966 begin. Die Noord toring is in Desember 1970 geopen en die Suid
toring in Januarie 1972. Albei geboue het uit 110 verdiepings bestaan.

Die eerste terroriste aanval
Op 26 Februarie 1993 het 'n vragmotor gelaai met 606kg plofstof in die openbare parkering (vlak B-2) onder die
World Trade Center (Noord toring) ontplof. 'n krater van 30m breed het deur 4 subvlakke gebars. Rook van
die ontploffing het opgestyg tot en met die 93ste verdieping. Die hoof elektriese kraglyn is afgesny. Hysbakke
het tot stilstand gekom en honderde mense was vasgekeer. Net ses mense het in die aanval gesterf en meer as
'n duisend mense beseer. Die toring is herstel, skoongemaak, en heropen in minder as 'n maand.
 Die plan was om die Noord toring te laat kantel en bots met die Suid toring, wat dan beide torings
in duie sou laat stort. In die proses sou duisende mense sterf. Een van die terroriste agter die aanval was
Ramzi Ahmed Yousef, die argitek van die aanval. Sy vriend Eyad Ismoil het hom bygestaan met
die parkering van die voertuig.
Mohammed Salameh, Ahmed Ajaj, Mahmud Abouhalima, Nidal A. Ayyad, Eyad Ismoil en Ramzi Yousef
is gearesteer, skuldig bevind en gevonnis. Daar word nog gesoek na Abdul Rahmin Yasin.
Khalid Sheikh Mohammed Ali Fadden het die aanval gefinansier. Hy was later gereken as die hoof argitek agter
die 11 September 2001(9/11) aanval. Hy word later gevang in Rawalpindi, Pakistan, op 1 Maart 2003,

Die tweede terroriste aanval
11 September 2001(9/11) tragedie in New York. 19 al-Qaeda terroriste was verantwoordelik vir hierdie aanvalle.
Twee van vier vliegtuie, American Airlines Vlug 11 het in die Noord toring (1WTC) vasgevlieg en United Airlines Vlug 175
in die Suid toring (2TWC).
Dit het gelei tot die dood van honderde onskuldige mense en die vernietiging van die Twin Towers.
Ander geboue in die Kompleks is heeltemal of gedeeltelik verwoes. Die derde, American Airlines Vlug 77
 het in die Pentagon vasgevlieg en die vierde, United Airlines Vlug 93, het in 'n veld naby Shanksville, Pennsylvania geval.
15 van die terroriste was afkomstig van Saoedi-Arabië, 2 van die Verenigde Arabiese Emirate, 1 van Egipte en 1 van
Lebanon.
Kapers van American Airlines Vlug 11 -  Mohamed Atta, Abdulaziz al-Omari, Wail al-Shehri, Waleed al-Shehri, en
Satam al-Suqami
Kapers van United Airlines Vlug 175  -  Marwan al-Shehhi, Fayez Banihammad, Mohand al-Shehri, Hamza al-Ghamdi, en
Ahmed al-Ghamdi.
Kapers van  American Airlines Vlug 77 -  Hani Hanjour, Khalid al-Mihdhar, Majed Moqed, Nawaf al-Hazmi, en Salem al-Hazmi.
Kapers van United Airlines Vlug 93 -  Ziad Jarrah, Ahmed al-Haznawi, Ahmed al-Nami, en Saeed al-Ghamdi.

Vlug roetes van gekaapte vliegtuie
1. (7:59 vm.) Vlug 11 styg op vanaf Logan Lughawe in Boston. 2. (8:14 vm.) Vlug 175 styg op vanaf Logan Lughawe in
Boston. 3. (8:20 vm.) Vlug 77 styg op vanaf Washington Dulles Internasional Lughawe in Virginia. 4.(8:42 vm.) Vlug 93
styg op vanaf die Newark Liberty Internasionale Lughawe. 5.(8:46 vm.) Vlug 11 tref Noord toring. 6. (9:03 vm.) Vlug 175 tref
Suid toring. 7. (9:37 vm.) Vlug 77 tref Pentagon. 8. (9:59 vm.) Suid toring stort in duie. 9. (10:03 vm.) Vlug 93 val in
Shanksville, Pennsylvania. 10. (10:28 vm.) Die Noord toring stort in duie. Bron. United States Government.

Bewerings het die rondte gedoen dat Pres. W Bush en sy administrasie iets te doen gehad het met die aanval.
Dit was glo 'n regerings georkestreerde operasie en Bush het dit persoonlik bekragtig. Hierdie sameswering teorie
was een van talle soortgelyke teorieë wat natuurlik blote moedswillige opgemaakte leuens was en steeds is.
Wat wel die geval was, was die onbeholpenheid, onverantwoordelikheid, ongeergdheid en onnosel besluite aan die kant
van die FBI, lughawe sekuriteit, lughawe radar monitering, sekuriteit by die Twin Towers, polisie en brandweer owerhede.
Die geboue het ook oor onvoldoende ontvlugtigings roetes beskik. Verder was die luike in die boonste vloer gesluit,
wat dit onmoontlik gemaak het vir mense om te ontsnap na die dak. Die tragedie kon grootliks verhoed gewees het.
Dit is duidelik, die owerhede het nooit geleer uit die les van die Februarie 1993 aanval nie.
Kort voor die Amerikaanse presidensiële verkiesing in 2004, erken bin Laden in die openbaar al-Qaeda se
betrokkenheid by die aanvalle op die VSA . Hy het gesê dat die aanvalle is uitgevoer, want "ons is vry ... en wil vryheid
herwin vir ons nasie." Bin Laden het verder gesê hy het persoonlik sy volgelinge gelei om World Trade Center aan te val.
Khalid Sheikh Mohammed het sy betrokkenheid erken, so ook Ramzi bin al-Shibh.
Die Hamburg sel ( Mohamed Atta, Marwan al-Shehhi, Ziad Jarrah, Ramzi bin al-Shibh, en Said Bahajiin) in Duitsland
ingesluitende radikale Moslems was uiteindelik die sleutel-agente in die 9/11 aanvalle.

Buiten die dood van ongeveer 3000 mense van verskillende nasionaliteite, het meer as 18 000 mense gesondheids
probleme ontwikkel a.g.v. giftige stof. Die Verenigde State Kongres skenk goedkeuring aan die James L. Zadroga 9/11
Gesondheid en Vergoeding Wet op 22 Desember 2010, en word deur  President Barack Obama onderteken op
2 Januarie 2011. Dit het $4.2 biljoen bewillig vir die skep van die World Trade Center Health Program, wat voorsiening
maak vir die behandeling van mense wat lei aan gesondheids probleme wat te doen het met die 9/11 tragedie.
Die 9/11 het ook 'n beduidende effek getoon op die Amerikaanse, buitelandse en New York ekonomië.
Verder het die 9/11 ook 'n enorme impak gehad op die sosiale lewe, denke en gedragspatrone van gemeenskappe.
Dit het gewissel van trauma, paranoia, angs tot sameswering teorieë (conspiracy theories). Regering en
onafhanklike ondersoeke kon geen bewyse vir die teorieë vind nie. In 2007 is bevind dat 63% Amerikaners glo Moslem
extremiste was verantwoordelik vir 9/11, en 26.4% glo dat sekere elemente het vooraf geweet van die komende
aanvalle, maar het bewustelik toegelaat om voort te gaan. Alleenlik 4.8% glo sekere elemente in die Amerikaanse
regering het die aanvalle beplan of ondersteun. Intussen hou 'n klompie beswaardes, met 'n wye helder verbeeldingskrag
steeds vas aan hul onsinnige radikale teorieë.

Rekonstruksie van die World Trade Center
Met die konstruksie van die vorige World Trade Center het dit bestaan uit 7 geboue waarvan die Twee Torings
(Two Towers of Twin Towers) die mees merkwaardigste was. Die New World Trade Center verskil in baie opsigte
van die vorige World trade Center. Dit sal uiteindelik net uit 6 geboue bestaan - WTC's 1, 2, 3, 4, 5 en 7.
Die National September 11 Memorial and Museum vorm deel van die nuwe kompleks. Die gedenkteken en museum
is geinkorporeer ter herdenking van die nagenoeg 3000 persone wat gesterf het in die 11 September 2001(9/11) tragedie
en die 6 persone wat gedood is in die World Trade Center  bomaanval in 1993. Die plaza styl gedenkteken bevat
twee reuse vierkantige 30 voet diep waterpoele (noord poel en suid poel) waar die Twin Towers eens gestaan het.
Op die kante van die poele is die ingegrafeerde name van die byna 3000 persone wat gedood is in die New
York aanval, by die Pentagon en in Pennsylvania, plus die name van die 6 persone wat gesterf het in die World Trade
Center bomaanval van 1993.

Die noord poel waar een van die toring geboue eens gestaan het. Name van die passasiers van American
Airlines Vlug 11 word op die panele N-76 en N-1 gesien. Let op die enorme grootte en diepte van die poel.
Mense aan die anderkant vertoon klein. Op 11 September 2001 het 'n tragiese gebeurtenis hier en
rondom afgespeel.

Die nuwe WTC 1, die hoogste gebou in die VSA. Voor is die geboue van die wêreld finansiële kern en die
Nymex gebou.

New York se One World Trade Center (WTC 1 voorheen genoem Freedom Tower - Toring 1 van die New World Trade Center
Complex) is voltooi en begin sake doen in 2014. Op 11 Mei 2013 is die 408 vt (124.36m) toringspits wat 688 ton weeg,
na die dak van die nuwe gebou gehys en geinstalleer. Dit bring die volle lengte van die gebou wat die toringspits insluit
nou te staan op 1776vt of  541.33m - 104 vloere.
Die gebou staan op die noordwes hoek van die terrein waar die "Twin Towers" op September 11,2001deur terreur aanvalle
verwoes is. Die toringspits sal dien as 'n uitsaai-antenne. One World Trade Center is nou die hoogste gebou in die
Verenigde State en die derde hoogste gebou in die wêreld.
Four World Trade Center (WTC 4 - Toring 4 van die New World Trade Center Complex) staan in die suidoos hoek van
die World Trade Center perseel waar die oorspronklike Four World Trade Center eens gestaan het. Die nuwe gebou is
978vt (297.8m - 72 vloere) hoog en het in 2013 sake begin doen. Seven World Trade Center (WTC 7 - Toring 7) tussen
Vesey, Barclay, Washington en West Broadway strate is in 2006 voltooi. Die gebou is 226.5m - 52 vloere hoog.

Onder konstruksie is:
 WTC 2 (Hoogte van gebou + toringspits 411.6m - 88 vloere) - beplande voltooiing in 2016
Na voltooiing sal dit die tweede hoogste gebou op die World Trade Center perseel wees.
WTC 3 (Hoogte van gebou + toringspits 357m - 80 vloere) - beplande voltooiing in 2016
Stadige vordering met WTC 5 (226.5m - 57 vloere) tussen West, Liberty, Cedar en Albany strate - beplande
voltooiing in 2015

Daar is geen WTC 6 in die New World Trade Center meester plan nie.
Die "Performing Arts Center" kan dalk in die toekoms Six World Trade Center (WTC 6) genoem word.

                
Plan 1. Plasing van die World Trade Center geboue op die terrein pre-9/11.
Plan 2. Beplande plasing van die World Trade Center geboue na die aanvalle van 11 September.
Die strate (Vesey, West, Liberty en Church) om die voormalige en nuwe kompleks bly dieselfde.
Die kompleks in sy geheel strek eindelik verder as die strate: verder noord van Vesey straat tot by Barclay straat
wat die WTC 7 insluit en verder suid van Liberty straat in die rigting van Albany straat wat WTC 5 insluit.
Fulton en Greenwich strate vorm nou deel van die nuwe kompleks. Die blou baddens tussen Fulton,
West, Greenwich en Liberty strate in plan 2 is waar die vorige Twin Towers, WTC 1 en WTC 2, eens gestaan het.