Die Wëe van Islam
Die Weste, Islam en die res van die wêreld, saam op een verhoog

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22    Home

Die "Hubal-Allah-Maan-god teorie"
Wie was Hubal?
In die pre-Islamitiese dae of die dae van onkunde was die godsdienstige agtergrond van die Arabiere heidene basies
animisties (Die geloof of oortuiging dat natuurlike voorwerpe soos rotse, bome, riviere, hemelliggame en ander entiteite van die natuurlike omgewing oor lewe beskik - dit is in die vorm van geeste of siele). Nie net was hierdie "lewe" as hoë entiteite of gode gesien nie, maar kon ook daarmee kontak gemaak word, aldus die primitiewe siening van daardie tyd.
Die aanbidding van of geloof in verskeie gode en simbole wat onder andere die sterre, planete, die son en maan, demone, geeste, jinns, stamgode en andere ingesluit het, was 'n kenmerk van die politeïstiese kultuur van pre-Islamitiese Arabië. Dit het ook deel
gevorm van die Arabiese mitologie (ou, pre-Islamitiese oortuigings van die Arabiese mense).
In die Mesopotamiese mitologie van Akkad, Assirië en Babilonië was daar Nanna, 'n Sumeriese god, die seun van Enlil en Ninlil,
en is geïdentifiseer met die Semitiese Maan-god Sin. Die godin Ningal was die vrou van Sin en die sterre hul kinders.
Aanbidding van die maan en die Maan-god was algemeen in die antieke wêreld. Die simbool van die sekelmaan was gewoondelik geassosieer met 'n Maan-god en die heidense aanbidding van die maan. Tempels was ook geskep vir afgode van die Maan-god.
In heidense Arabië was daar menige afgode. Volgens Abdullah Ibn Abbas was die meer bekende afgode; Wadd, Suwaa, Yarooth, Ya"ooq, Nasr, Manaf, Amm, Ta'lab, Dhu'l-Halasa, Al-Qaum en Dushara.

In en om die Kaäba self was daar sowat 360 afgodsbeelde gehuisves en Hubal was een van hulle. 'n Beeld wat 'n menslike
figuur voorstel waarvan een hand afgebreek was toe dit in besit van die Quraysh gekom het. 'n Goue hand was toe aan die beeld toegevoeg.
Hubal was gemaak van rooi agaat. Rooi agaat chalcedoon is 'n semi-edelsteen. Hy was relatief 'n nuwe afgod/god wat sy op-wagting gemaak het in die Kaäba. Volgens oorlewering het 'n persoon met die naam van Amr ibn Luhay 'n afgod genoem
Hubal uit Moab na Mekka geneem en is opgerig deur Khuzaymah ibn Mudrikah ibn al-Ya's ibn Muda in die Kaäba. In Islamitiese
tradisies is dit egter onduidelik hoe en wanneer die afgod Hubal in Mekka aangekom het.
Nota: Hubal het nie noodwendig uit Moab gekom nie. Ander kenners is van mening dat Hubal vanuit Hit in Mesopotamië na
Mekka gebring was. Sirië word ook genoem.
Dit word grootliks aanvaar dat Hubal 'n  Maan-god was. In die mitologie was hy getroud met 'n Son-godin en saam het hulle
drie dogters (godinne) gehad: Allat, Manat en al-Uzza. Allat was die godin van oorlog, Uzza, die godin van opoffering en Manat,
die godin van bestemming en noodlot (Walker, 2004.p. 45). Allat was verbind met die maan, Uzza met die planeet Venus, en
Manat met die ster Sirius (lbid, p. 46). Van al die gode was Hubal die grootste, Heer van die Huis (Kaäba), en oppergod van
Mekka en die Arabiese Quraysh stam waarvan Mohammed lid was.
Ander stem nie saam met die "Hubal, Maan-god teorie" nie. Volgens menige kenners was Hubal nie 'n Maan-god nie. Die god
Sin was wel. Die idee rondom Hubal as 'n Maan-god het gekom van Hugo Winckler in die vroeë twintigste eeu, Robert Morey en andere. Mircea Eliade en Charles J. Adams identifiseer Hubal eerder as "'n god van reën en 'n vegter-god."
Hubal word ook geassosieer met die Babiloniese Bel (Ba'l, Baal) en hy was 'n Son-god.

"Hubal may have been the combination of Hu, meaning 'spirit' or 'god', and the Moab god Baal meaning 'master' or 'lord'.
Outside South Arabia, Hubal's name appears just once, in a Nabataean inscription; there hbl is mentioned along with the
gods Dushara and Manawatu the latter, as Manat, was also popular in Mecca." Wikipedia.

Grieke en Romeine het enige Baal god beskryf as Zeus of Jupiter. (Philip Scaff). Jupiter was geïdentifiseer met talle gode in die plaaslike kultusse van Klein-Asië en elders. In Sirië was Hubal, na alle waarskynlikheid, gesien as Baal of Jupiter.

Baal was aanbid op hoë plekke in Moab in die tyd van Balaam en Balak. Num.22: 41. In die periode van die rigters. Rigters 2:
13; 6: 28 - 32. In die tyd van Agab en Jesebel. En dan was daar die botsing tussen Baal priesters en Elia. IKon.16: 32; 18: 17 -
40. Dan was daar 'n tempel van Baal in Jerusalem wat vernietig was in die tyd van Atalia, die vrou van Jehoram. IIKron. 17: 3;
met IIKon. 11: 18. Kort daarna was daar weer 'n herlewing van die aanbidding van Baal in Jerusalem en weer is die tempel ver-
nietig. IIKron. 28: 2; IIKon. 21: 3. IIKon. 23: 4, 5.
In die aanbidding van Baal is offerrook vir hom geoffer. Jer. 7: 9. En by geleendhede was seuns verbrand as brandoffers aan Baal.
Jer. 19: 5. In Assirië en Babilon was Baal aanbid as Bel en ook Marduk, in Moab as Kamos, die Ammoniete het hom aanbid as Molog en in Tirus as Melkart (Melqart).

Baal, ook bekend as die Son-god word verbind met die Babiloniese Son-god Tammuz. Tammuz is die Akkadiese ekwivalent
van die Sumeriese Dummuzi, Inanna se man. Eseg 8:14 praat van Tammus(z), die seun van Semiramis. Hy stem ooreen met Adonis, 'n kultus figuur uit die Griekse en Fenisiese mitologie en die Egiptiese Osiris. Ons weet nie veel van Semiramis nie en
of sy wel bestaan het, is 'n goeie vraag. Die legendariese Semiramis word gewoonlik beskou as 'n suiwer mitiese figuur. Een
bron beweer sy was die vrou van Ninus ('n koning van Assirië wat waarskynlik nooit bestaan het nie). Hy word uitgewys as die
stigter van Nineve.
Na sy dood het Semiramis, wat daarvan verdink was dat sy hom vermoor het, 'n tempel-graf vir hom opgerig naby Babilon. Sy
het later geabdikeer ten gunste van haar seun Ninyas. Die verhaal rondom Ninus, Semiramis en Ninyas word beskryf in 'n
legende volgens Diodorus Siculus. Protestantse predikant Alexander Hislop in The Two Babylons (1853) beweer dat Semiramis
'n werklike persoon in antieke Mesopotamië was wat politeïsme uitgevind het en daarmee saam, godin aanbidding.
In die mees prominente legende word gesê: Noag se seun Gam het 'n seun gehad met die naam van Kus wie getrou het met Semiramis. Hulle het 'n seun gehad met die naam van Nimrod. Genesis 10:8-10. (Nimrod word geidentifiseer met verskeie
regeerders: Tukulti-Ninurta I, Ninus, Gilgamesh, Enmerkar en Amenhotep III). Somtyds word daar na Semiramis verwys as
Nimrod se moeder en somtyds as sy vrou wat die idee gee dat Nimrod met sy eie ma getroud was. Met die huwelik het sy vrou/moeder die koningin van Babilon geword, 'n koninkryk wat teenoor God gestaan het en waarin Molog god was. Verering en
aanbidding van Molog het gepaardgegaan met blasende trompette, harde slae op dromme, seksuele rituele, dansende vroue en mans gevul met 'n gees van immoraliteit. Met tye was selfs babas as menslike offerandes aan Molog geoffer. Die oorverdowende geraas van die dromme het die kerm geluide en gehuil van die babas onderdruk.

"Moloch was the god of the Ammonites, portrayed as a bronze statue with a calf's head adorned with a royal crown and
seated on a throne. His arms were extended to receive the child victims sacrificed to him. Milton wrote that Moloch
was a frightening and terrible demon covered with mothers' tears and children's blood." Dictionnaire Infernal -
Collin de Plancy (1863) - paraphrased. Molech or Moloch: a god of the Ammonites.


Nimrod word later deur Noag se seun Sem doodgemaak. Sy liggaam was in stukke opgekap en na verskillende dele van die koninkryk gestuur. Semiramis was nie van plan om haar posisie prys te gee na Nimrod se dood nie. Om haar houvas op die
volk en haar invloed te behou het sy 'n misterieuse godsdiens geskep. Sy het Nimrod vergoddelik tot Son-god deur aan die
mense van Babilon te sê dat Nimrod na die son opgevaar het en nou genoem word "Baal", die Son-god en het haarself tot
(Maan)-godin "koningin van die hemel" en "Isjtar" verklaar. "Isjtar" in Engels "Easter." Paasfees word onder andere verbind
met hierdie vrugbaarheidsgodin. Sy is ook in ander kulture bekend as Venus, Isis, Artemis, Diana, Astartes en die koningin
van die hemel.
Intussen was sy swanger. Pa van die kind is onbekend. Maar vir die volk het sy gesê, Nimrod het haar swanger gemaak
deur strale van die son. Die kind se naam was Tammuz. Tammuz, het sy gesê, was die reïnkarnasie van Nimrod in die vlees.
Tammuz was dus Nimrod in die vlees.
So het die volk dit verstaan en geglo. As jongman het Tammuz homself uitgeleef as 'n groot jagter maar dan word hy eendag
deur 'n wildevark gedood waarna Semiramis hom deel gemaak het van haar misterieuse godsdiens deur aan die volk te verklaar
dat haar "Onsterflike god-seun" wat "dood" was "opgewek" is en een geword het met sy vader (Nimrod), die Son-god Baal.
Isjtar het lank vir Tammuz geween. Hierdie "ween vir Tammuz" was gevier deur vroue in Babilonië in die 4de maand (Tammuz)
op die Joodse kalender wat ooreenstem met Junie-Julie. In die Bybel word daar na die gewoonte "ween vir Tammuz" verwys: Eseg.8: 14 "..., en kyk, daar het die vroue gesit wat Tammus beween." Die naam van die maand (Tammuz) is oorgeneem van
die Assiriese-Babiloniese kalender.
In 'n ander legende word Tammuz beskryf as Isjtar se man en nie haar seun nie. Sy het ook in die doderyk neergedaal om hom
te bevry.