Geurige Hoender en Pastagereg                                        Uit die Kombuis                                Home

Geurige Hoender en Pastagereg
Met sondroë tamaties en pesto in die kas is dit altyd maklik om 'n heerlike gereg op die tafel te sit.
400g tagliatelle-pasta
25 ml olyfolie
20 ml botter
4 hoenderborsies, in repies gesny
250 g sampioene, gehalveer
1-2 knoffelhuisies, fyngekap
sout en vars gemaalde swart peper
1 pakkie (240 g) sondroe tamaties
1 pakkie (125g) basielkruidpesto
40 ml botter
40 ml koekmeel
350 ml melk
150 ml gerasperde beleë chedderkaas

Metode
Voorverhit die oond tot 220°C en smeer 'n oondbak liggies
Kook die pasta in soutwater tot gaar
Verhit intussen die olie en botter en braai die hoender, sampioene en knoffel tot dit begin bruin word.
Geur met sout en peper na smaak. Roer die sondroë tamaties en pesto by die hoender en laat deurwarm word.
Berei in tussen 'n witsous met die botter, meel en melk en geur met sout en peper na smaak.
Skep die helfte van die gaar pasta in die gesmeerde bak. Skep al die hoender op die pasta en bedek daarna met die res van
die pasta, smeer die witsous oor die pasta en sprinkel die kaas oor. Bak net tot die kaas begin smelt.