Hoenderpastei en Hoenderstukkies / Maalvleisbolletjies              Uit die Kombuis            Home

Hoenderpastei
1 hoender ontbeen
hoenderspeserye
paprika
sout en peper
2 blikkies gemengde groente
1 blikkie hoendersop
1 blikkie sampioensop
1 pakkie sampioene gekerf
1 rolletjie blaardeeg

Metode
Kook die hoender tot gaar. Voeg die speserye na smaak by laat lekker deurkook
Voeg die gemengde groente en blikkies sop en sampioene by en laat kook. Indien dit te souserig is verdik met 'n bietjie
mielieblom - laat lekker deurkook
Gooi in pan, rol blaardeeg uit, voeg bo-op. Verf met 'n bietjie eier en melk.
Bak by 180°C tot bruin.

Hoenderstukkies / Maalvleisbolletjies
440 g Pynappelstukke
125 ml bruinsuiker
125 ml asyn
10 ml worcerstersous
5 ml sout
125 ml tamatiesous
22.5 maizena

Metode
Kook pynappelsous, suiker, asyn, worcerstersous, tamatiesous, sout saam. Voeg maizena by en dan die pynappelstukke.
Gooi alles oor vleis en bedek met tinfoelie en bak in oond.
By 180°C.