Piesang-Karamelkoek                  Main page/Hoof bladsy                  Home

'n Heerlike piesang-karamelkoek vir daardie spesiale familie geleendheid.

675 ml bruismeel
120 g margarien
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
2,5 ml gemaalde kaneel
350 ml strooisuiker
6 ryp piesangs, fyngedruk
2 eiers
60 ml melk
1. Voorverhit oond op 180°C
2. Sif die meel in 'n bak en vryf die margarien daarin.
3. Roer die bakpoeier, koeksoda, kaneel en suiker hierby in.
4. Maak die piesangs fyn.
5. Klits die eiers en melk saam en voeg by die meelmengsel.
6. Verdeel die mengsel in twee voorbereide panne van sowat
24 cm in deursnee.
7. Plaas in middel van voorverhitte oond en bak vir sowat
40-60 minute of tot gaar.
8. Haal uit oond en laat afkoel in panne.

Versiersel:
1 blik (380 g) karamelkondensmelk
125 ml vars room
10 ml kitspoedingpoeier, vanielje- of karamel
50 g gevlokte amandels, gerooster (opsioneel)
1. Klits eerste drie bestanddele saam en smeer die mengsel tussen die
twee lae en bo-op die koek.
2. Strooi amandels bo-oor.