Home
Afrikaans


Osteoporose

WAT IS OSTEOPOROSE?
Osteoporose is 'n siekte waar beenweefsel verminder en sodoende die risiko vir frakture, van veral die heupe, werwels en polsgewrigte , verhoog. Een uit elke drie verwesterde postmenopousale vroue sal 'n werwelfraktuur as gevolg van osteoporose ontwikkel. Tot 20% van pasiente met heupfrakture sterf binne 'njaar. Frakture in sowel mans as vroue het die afgelope dekade skerp toegeneem. Osteoporose veroorsaak geen pyn of ongemak totdat 'n fraktuur voorkom nie, vandaar die naam "die stille epidemie"

VAL U IN DIE HOë RISIKO GROEP?
Die volgende mag 'n aanduiding wees dat u kans om osteoporose te ontwikkel, groter is:

* Vroeë menopouse (voor 45 jaar)
* ander oorsake van lae sekshormoonvlakke in mans en vroue
* langtermyn kortisoongebruik
* misbruik van alkohol of tabak
* vorige frakture na minimale trauma
* sekere hormonale, intestinale of maligne siektes
* klein geboude inividue met 'n sterk familiegeskiedenis van osteoporose
* wanvoeding en swak kalsium inname

BELANGRIK
Baie individue sonder enige risikofaktore kan steeds osteoporose ontwikkel. 'n Beendigtheidbepaling (d.m.v. 'n beendensitometer) word tans as die beste metode beskou om frakture te voorspel. Gewone X-strale is nuttig om frakture te diagnoseer, maar is baie onsensitief. Tot 40% van beenweefsel moet verlore gaan voordat dit d.m.v. X-strale waargeneem kan word.

OSTEOPOROSE KAN BEHANDEL WORD - VOORKOMING IS BETTER
Voorkomende maatreëls poog om beenvorming te stimuleer en oormatige beenverlies te voorkom.

Daar is vier aanpassings in u lewenswyse wat kan help om gesonde bene in stand te hou:

* 'n Gebalanseerde dieet ryk in kalsium en suiwel: kalsium-aanvullings
* gereelde oefening, verkieslik
* hou op rook
* verminder alkoholinname

Lewensstylaanpassings en kalsiumsuplementasie is dikwels nie genoeg om osteoporose te voorkom nie.
Daar is egter verskeie effektiewe middels (bv, bisfosfonate, teriparatied, strontium ranelaat) beskikbaar om osteoporose mee te voorkom en te behandel.

DIE NASIONALE OSTEOPOROSE STIGTING
is in 1993 in die lewe geroep om:

1. Openbare bewusmaking en kennis t.o.v. osteoporose te bevorder.
2. Hulpverlening en ondersteuning aan osteoporoselyers te bied d.m.v:

* omvattende pasiëntebrosjures
* geneeskundige advies
* persoonlike beantwoording van briewe
* telefoniese hulplyn
* gereelde nuusbriewe
* bekostigbare lidmaatskap

3. Die geneeskundige professie in te lig oor die voorkoming en behandeling van osteoporose.
4. Navorsing oor sosteoporose te bevorder en te ondersteun.

As 'n onpartydige, onafhanklike organisasie met eie administratiewe personeel en mediese raadgewers, is die Nationale Osteoporose Stigting van u steun en donasies afhanklik.
Vir verdere inligting, kontak die:
Nationale Osteoporose Stigting van Suid Afrika

Posbus 481
Bellville 7535
Kaap, Suid-Afrika
Tel: (021) 931 7894
Fax: (021) 931 7075
E-pos: nofsa@iafrica.com
Helpline:086 110 2265
Webwerf: www.osteoporosis.org.za