TRIFLE                              Uit die Kombuis                                         Home

'n Poeding wat aan ons almal bekend is. Bly maar 'n gunstelling.

1 sponskoek
500 ml vla
Fyn neute
250 ml room
1 blik vrugte (jou keuse)
2 pakkies rooi jellie
2 pakkies groen jellie
1 pakkie jellie (jou keuse)
1. Maak rooi en groen jellie aan en laat stol in yskas.
2. Krap jellie met die vurk.
3. Los ander jellie op in 250 ml kookwater.
4. Krummel koek of soos jy verkies, gooi warm jellie oor koek.
5. Pak laag koek, laag vrugte, laag jellie, laag neute, laag vla en
herhaal dan die lae, eindig met room.
6. Versier met neute en gerasperde flake
7. Kan selfs heel vye ook by voeg.