MAASKAAS-EN-BESKUITJIEPOEDING                               Uit die Kombuis                                         Home

Net eenvoudig lekker. 'n Nagereg waarvan almal sal hou.
2 eiergele
60 ml suiker
330 g roomkaas
Gerasperde sklil van 1 lemoen / suurlemoen
3 eierwitte
Knippie sout
250 ml room, styf geklop
200 ml sterk koffie
15 ml suiker
75 ml brandewyn
1 pakkie (125 g) boudoir-beskuitjies
Afronding:
Geklopte room
Glanskersies
Gerasperde sjokolade
1. Klop eiers en suiker tot romerig.
2. Klop roomkaas en skil by.
3. Klop eierwitte met 'n knippie sout styf.
4. Vou room en laaste die eierwitte in.
5. Meng koffie, suiker en brandewyn en doop beskuitjies daarin.
6. Rangskik die helfte van die beskuitjies op die bodem van 'n tertbak.
7. Skep helfte van die mengsel daaroor, gevolg deur 'n 2de laag
beskuitjies.
8. Skep res van die mengsel oor.
9. Rond af met geklopte room, glanskersies en gerasperde sjokolade.