KARAMELPOEDING                              Uit die Kombuis                                         Home

Nog een van daardie heerlike gunstellinge.

30 ml margarien
125 ml suiker
15 ml goue stroop
375 ml koekmeelblom
3 ml bakpoeier
5 ml fyn kaneel
Knippie sout
5 ml koeksoda
225 ml melk
1. Klop margarien tot lig.
2. Voeg suiker en stroop by en verroom.
3. Sif meelblom, bakpoeier, kaneel en sout en meng by.
4. Los koeksoda in die melk op en meng by die meelmengsel in.
Vlasous:
1 L melk
90 ml vlapoeier
60 ml suiker
1. Verhit melk.
2. Maak vlapoeier en suiker aan met 'n bietjie van die melk.
3. Roer by die melk en roer oor lae hitte tot verdik.
4. Skep vla in 'n gesmeerde diep oondbak en skep lepels vol van die
beslag daarin.
5. Bak sowat 30 minute by 160°C tot goudbruin.
6. Verwyder uit oond en strooi amandelsplinters oor.