Gebakte Kerriefrikkadelle                       Main page/Hoof bladsy                  Home

Wat is smaakliker as frikkadelle? Goeie vraag.

2 snye brood, sonder korsies
250 ml water
500 g maalvleis
1 XL eier, effens geklits
5 ml sout
1 ml fyn naeltjies
1 ml neutmuskaat
5 ml fyn gemmer
2,5 ml peper
Koekmeelblom om in te rol
Olie om in te braai
1. Voorverhit oond tot 180°C
2. Week die brood in water.
3. Druk die water uit, maak fyn.
4. Voeg die vleis en res van die bestanddele by.
5. Maak bolletjies, rol in meel, bak in olie.
6. Pak in oondskottel.


Sous:
25 ml olie
2 uie
10 ml borrie
20 ml kerrie
20 ml suiker
25 ml koekmeelblom
40 ml appelkooskonfyt
50 ml asyn
500 ml water
1. Braai uie in olie.
2. Voeg kerrie en borrie by.
3. Meng res van bestanddele en voeg by.
4. Laat prut tot dik sous.
5. Gooi oor vleis en bak vir 30 minute.