Wafels                          Main page/Hoof bladsy                                   Home

625 ml meelblom
12,5 ml bakpoeier
1 ml sout
45 ml suiker
3 eiers, geskei
375 ml melk
90 ml margarien, gesmelt
1. Voorverhit die wafelpan.
2. Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
3. Roer die suiker by.
4. Maak 'n holte in die middel van die mengsel en gooi die eiergele, melk
en gesmelte margarien by.
5. Klits die mengsel tot glad.
6. Klits eierwitte tot styf en vou by mengsel in.
7. Gooi 60 ml mengsel in elke gedeelte van pan en bak.