Sjokolade-balletjies                      Main page/Hoof bladsy                        Home

250 ml versiersuiker, gesif
100 ml kakao, gesif
1 pakkie (200 g) Mariebeskuitjies, fyngedruk
125 g botter
125 ml fyn appelkooskonfyt
5 ml vanieljegeursel of brandewyngeursel
125 ml klapper
1. Sif die versiersuiker en kakao saam.
2. Voeg die beskuitjies, botter, konfyt en geursel by en meng goed.
3. Rol balletjies.
4. Rol elke balletjie dan weer in klapper.
5. Stoor in 'n ligdigte houer in die yskas.