Hamburgerfrikkadelle                     Main page/Hoof bladsy                           Home

1 ui
500 g maer maalvleis
200 ml sagte witbroodkrummels
15 ml worcestersous
15 ml Barbecue Sauce
5 ml biefaftrekselpoeier
10 ml gekapte vars pietersielie
Varsgemaalde swartpeper
1. Skil die ui, kap dit fyn en meng met die maalvleis, krummels, souse,
aftrekselpoeier, pietersielie en peper.
2. Maak jou hande nat en vorm die vleismengsel in ses frikkadelle.
3. Druk die frikkadelle effens plat en braai oor matige hitte tot deurgaar.
4. Sit voor op geroosterde hamburgerrolle saam met slaai, mosterd,
suurtjies en tamatiesous.