Hoendergereg met noedels         Main page/Hoof bladsy                  Home


1 gaar hoender gekook met sout, naeltjies en wonderpeper
375 ml skulpienoedels (kleintjies) gekook
200 g bevrore ertjies, net gaar gekook sonder sout, 'n knippie koeksoda
om groen te hou.
Sous:
125 g spekvleis in stukkies gesny
60 ml margarien
1 ui gekap
5 ml kerrie
5 ml borrie
15 ml suiker
1 klein blikkie tamatiepuree
1 pakkie hoenderroomsop
500 ml water
1 blokkie hoender-ekstrak
1. Braai spek en uie in margarien.
2. Voeg tamatiepuree by.
3. Los sop op in die water.
4. Voeg kerrie, borrie, suiker en hoender-ekstrak by die sopmengsel.
5. Kook goed deur en roer want dit brand maklik.
6. Vou hoender en ertjies in.
7. Vou laaste die noedels in.