Nederlande/Nederland                                          Deurpad                                           Home

Nederlande/Nederland

Agtergrond Geskiedenis

Inleiding                                  
Nederland beteken "Laelande." Die land is geleë in Noordwes Europa. Dit is ook so dat Nederland, België en
Luxembourg gesamentlik bekend staan as die "Laelande of Nederlande."
Vandag is ongeveer 27% van die grongebied van Nederland onder see vlak geleë daarom word effektiewe
beheer van water vereis om die grond/land droog en bewoonbaar te hou vir die sowat 60% van die bevolking.
Hierin speel dyke, damme, kanale en pompe 'n belangrike rol. Die Friese, eerste inwoners van die Nederlande
het in hul tyd reeds terpen (dyke) gebou. In 1250 was daar al 'n dyk van 126 km lank om Wes-Friesland heen
om die stuk land te beskerm teen die Noordsee en die Zuidersee. Op 14 Desmber 1287 breek die dyk wat die
lewens van 50 000 mense eis.
Herwinning van land uit veenmoerasse, see en mere is uit die aard van die saak sinoniem met Nederland - nie
net in die Zaanstreek nie maar ook in ander gebiede soos byvoorbeeld ten noorde van Amsterdam, nl; De
Beemster, de Purmer, de Wormer, en de Schermer - almal polders wat herwin is uit mere. En dan ook nuutge-
vonde polders uit die IJsselmeer.

  
Kaart Links. Nederland is geleë tussen die Verenigde koninkryke, Duitsland Frankryk en Noorweë.
Kaart Regs. Nederland (noordelike deel van die Nederlande) en die land se provinsies.Nederland bestaan uit
12 provinsies: 1)Drenthe, 2)Flevoland, 3)Friesland (Fryslan), 4)Gelderland, 5)Groningen, 6)Limburg, 7)Noord
Brabant, 8)Noord-Holland, 9)Overijssel, 10)Utrecht, 11)Zeeland en 12)Zuid-Holland.
Die hoofstad is Amsterdam

Nederland is 'n klein maar tog ook 'n groot monargie wat oor meer as net kaas, windmeulens, tulpe en hout-
skoene beskik. Die land het 'n ryke geskiedenis. Eindelik te groot om ten volle in te neem. Dan is daar ook
die Nederlandse taal wat uit verskillende dialekte bestaan. Standaard Nederlands wat in gebruik is staan
bekend as Algemeen Beschaafd Nederlands. In Friesland, wordt Fries gesproken. Deze taal is ook erkend.
Het Fries werd vroeger gesproken in het gebied van Frankrijk tot in Denemarken. Samen met de ontwikkeling
in de politiek is het Fries in de loop der eeuwen teruggedrongen.
Vroeë bewoning van die laelande
'n Terugblik in die verlede van die laelande dui daarop dat die gebied reeds voor die geboorte van Christus
bewoon was deur Germaanse Bataviere en Friese.

Die Romeinse periode
Tussen 58 - 51V.C het Romeinse magte onder die leiding van Julius Caesar die Laevelde suid van die Ryn
rivier verower waarna die verowerde streek opgeneem is in die groter Romeinse gebied Gallië Belgica -
Dit was geleë tussen die Seine en die (Oude) Ryn.
Onder Romeinse gesag kom daar ontwikkeling in die vorm van die skep van landbou, handel en nywerheid.
So ook nedersettings.

Die Middeleeue: Periode tussen die 5de en 15de eeu  
Na die val van die Romeinse Ryk in ongeveer 400N.C het enkele chaotiese eeue gevolg waartydens wes
Europa stelselmatig blootgestel was aan die nuwe magsfaktor, die Franke.
Die ryk van die Frankiese stamhoof Klovis ( 466 ? - 511N.C) het sodanig uitgebrei dat dit reeds teen 500N.C
'n deel van die suidelike Laelande ingesluit het.
300 Jaar later ( 800N.C) was die Laelande in sy geheel opgeneem in die Frankiese ryk van Karel die Grote
( Charlemagne 742 - 814N.C).
Met die verdrag van Verdun ( 843N.C) het die Laelande opgegaan in die Midde Frankiese ryk van Lotharius I.
Teen 855N.C het die besluit gevolg om die ryk van Lotharius I tussen sy 3 seuns te verdeel. Een van die
seuns Lotharius II het die Noordelike deel van die ryk ontvang. Hierdie deel of gebied het bekend gestaan
as Lotharingen ( Regnum Lotharii) - Dit het die Laelande ingesluit.
Na die verdrag van Meersen ( 870N.C) en Ribemont ( 880N.C) is Lotharingen in 925N.C beset en by die Oos
Frankiese Ryk ( Duitse ryk) gevolg. So word die Laelande 'n onderdeel van die Duitse Ryk.

Feodalisme (leenstelsel) en die opkoms van dorpe
In die tyd verrys daar in die Laelande min of meer magtige outonome ( onafhanklike) vorstedomme:
graafskappe Holland, Vlaandere, Luxembourg, Drenthe,..;hertogdomme Brabant, Gelre, Limburg,...; en
bisdomme Utrecht, Luik,....
Teen 1300 was die graafskappe Holland, Vlaanderen, hertogdomme Brabant en Gelre en bisdom Utrecht
sterk gebiede in die Nederlande.
Uit hierdie vorstedomme kom die uiteindelike Nederlandse provinsies soos Holland, Utrecht, Gelderland
en Groningen.
Vlaanderen het ontstaan uit die twee magtige vorstedomme graafskap Vlaandere en hertogdom Brabant.
Vorstedomme van die middeleeue het nie uit dorpe ontstaan nie maar wel uit groter administratiewe een-
hede ( Gebiede/distrikte) bekend as "gouwe" ( Fiefs/Pagus). Die Laelande soos ander streke van die
Duitse ryk (vroeër Frankiese) was in die vroeë middeleeue verdeel in tientalle gouwe wat onder leiding ges-
taan het van leenmanne van die keiser. In ander woorde gestel: n Gouw in die feodale stelsel was onder
juridiksie van 'n plaaslike heerser, 'n graaf ( gouwgraaf) wat behoort het tot 'n adelike familie.
Die voormalige graafskap Vlaandere het sy naam te danke aan die Karolingiese gouw Pagus Flandrensis.
Groningen het behoort tot die pagus of gouw van Triantha (Drente).
Graafskap Namen ( Namur) ontstaan omstreeks 900N.C uit 'n gouw wat tot die bisdom Luik behoort het,
ens.

Meer oor vasals, feodale eiendomsreg en die adel

Die allerhoogste adelike in die feodale stelsel was die koning of keiser. In hierdie geval die Duitse Keiser
wie steeds in naam leenheer van die Nederlandse gebied was. Tussen hom en 'n leenman (vasal of kroon-
vazallen) was daar 'n noue verbintenis d.m.v. wedersydse regte en pligte. Onder andere skenk die leenheer
'n stuk grond aan die leenman, nie as eiendom nie maar in leen (feodum of beneficium). Waarop dit neerkom
is dat die vasal 'n stuk land dikwels met alles daarop insluitende die mense namens die keiser bestuur.
Alhoewel in naam nog steeds leenmanne van die keiser het die vasals gedien as grawe, markgrawe, hertoë
en soms biskoppe. Hulle het weer hulle leenmanne gehad.
Tesame het hulle die adel gevorm - van die magtigste tot die minder magtigste. Omrede die plaaslike heer-
sers eienaars van stukke land was het hulle onder die bevolking bekend gestaan as edelmanne en ook lands
here.
Arm mense het nie self grond besit nie maar kon wel deur bruikleen op die grond van die eienaar (plaaslike
heerser - landsheer) leef en boer natuurlik in ruil vir sekere dienste, soos bv: wat ookal verbou was op die
land het aan die eienaar behoort. Een deel kon die boer hou om van te lewe. In ruil het die landsheer onder-
neem om die mense op sy land te beskerm teen vyandelikhede.
Plaaslike heersers se magte brei uit
Met die uitbreiding van magte verrys die uiteindelike vorstedomme.
Terwyl die ryk van die Karel die Grote disintegreer as gevolg van onderlinge verdeeldheid word die magte
van die plaaslike heerser - landsheer groter. Verder, soos ons reeds weet word die heerser ( in die geval
graaf) deur die Keiser benoem, maar namate die tyd vorder word die ampte erflik: dit gebeur in 1158 wan-
neer die Keiser die ampte erflik verklaar. Met die regte word die grawe so goed as onafhanklik. Dit beteken
die diverse ampte en wat ookal daarmee gepaardgaan word oordraagbaar en bly sodoende binne familie
verband.
Die ontbreking van die keiserlike gesag is ook duidelik sigbaar wanneer dit ondermeer kom by die lands-
heer se reg om belastings op te lê, regspraak uit te oefen en 'n leër te organiseer.

En ook verwerf die aristokratiese families geleidelik belange in 'n bepaalde gebied wat hul magsbasis
verbreed. Soms word meer gebiede verower of verkry deur huwelikspolitiek of word bloot aangekoop.
So was dit in die geval van die graaf van Holland, nie net het hy steeds magtiger geword ten koste van
die mag van die keiser nie, maar was hy ook 'n groot grondbesitter en het hy ook vele kastele besit.
As teenwig teen die magtige feodale aristokrasie ook bekend as die adel verleen die Keiser aan sy
biskoppe vele bestuursfunksies.
Hierin het die biskop van Utrecht 'n belangrike rol vertolk. Toe die keiserlike geslag in die 13de eeu
verswak verloor die biskoppe invloed en word die plaaslike heerser weer magtig.

Twee groot magsfaktors, nl; die Huis van Boergondië en die Huis van Habsburg verrys in Wes
Europa

Huis van Boergondië
Suid van die Laelande het die Huis ( Hertogdom) van Boergondië uitgegroei tot 'n magsfaktor in die wes
Europese streek.
'n Nuwe dimensie wat invloed sou uitoefen op die vorming van die Nederlande was aan die kom.
Tussen 1384 - 1477N.C het die Huis van Boergondië, in sy uitbreiding, stadig maar seker 'n houvas gekry
oor die grootste gedeeltes van die Laelande.
Deur slim magspolitiek verkry die Boergondiërs onder andere Vlaandere en Artos ( 1384), Namen ( 1425),
Brabant en Limburg ( ( 1430), Holland, Zeeland en Henegouwen ( 1433), ens.
Die uitbreiding bring mee 'n magtige midderyk wat strek van Boergondië tot by Groningen in Nederland. So
word daarin geslaag om die aantal verowerde outonome vorstedomme of onafhanklike staatjies onder die
Boergondiese vaandel byeen te bring.
Vanaf 1477 het die besetting van die Nederlandse gebiede voortgeduur in die bestel van die vorstehuis van
Habsburg.

 
Kaart: Dele (in geel)  van Wes Europa onder Boergondiese beheer. Skildery: Habsburg Maria