Nederlande/Nederland vervolg 3                                     Deurpad                                   Home

Nederlande/Nederland vervolg 3

Filip II
Hy is gebore op 21 Mei 1527 te Valladolid. Hy was die seun van Karel V en Isabella van Portugal. Voor sy kroning
as koning van Spanje in 1556 heers Filip reeds oor Milaan ( 1540), die koninkryke Napels en Sisilie ( 1554) en die
Nederlande ( 1555).

Prins Willem van Oranje -Nassau
In dieselfde tydvak, op 24 April 1533, is Willem van Nassau beter bekend as Prins Willem van Oranje-Nassau,
ook bekend as die swyer op Hooge Huis te Dillenburg gebore. Hy was die seun van Graaf Willem van Nassau en
Juliana van Stoltenberg.

*Prins Willem van Oranje-Nassau  was die grondlegger van die Republiek en daarmee ook van die huidige
Koninkrijk der Nederlanden. Hy is ook die stamvader van die Huis van Oranje-Nassau.

*Leuse van die Prins: Je maintiendrai (ek sal handhaaf). En aan die einde van sy lewe: Je maintiendrai
l'honneur, la foy, la loi de Dieu, du Roy, de mes amis et moy (ek handhaaf die eer, die geloof en die wet van
God, van die koning, van my vriende en my).

Op aandrang van Keiser Karel V word prins Willem na Brussels gestuur vir verdere opvoeding in krygskunde,
diplomasie en die Katolieke geloof. N.S. Prins Willem en sy familie aan die Lutherse geloof behoort.
Prins Willem was in hoë aansien by Karel V en Filip II. Daarvan getuig sy bevordering, aanstelling en titel.
In 1551 word hy aangestel as opperbevelhebber van die leër. In 1555 ontvang hy die eretitel van ridder van
die Goue Vlies. In dieselfde jaar word hy aangestel as stadhouer van Holland, Zeeland en Utrecht. Hy was
ook lid van die Raad van State. Soos sy vader was Filip II Protestantisme nie goed gesind nie. Hy verbied
die beweging en gebruik dan ook die inkwisisie as metode om teen Protestante op te tree deur hulle aan te
keer en te straf.

                                                       
Fotos: Links. Prins Willem van Oranje. Regs. Die 4 broers van Willem, die grawe van Nassau:
sittend - Jan (1536-1606); staande - Hendrik (1550-74), Adolf (1540-68) en Lodewijk (1538-74)

Aan die ander kant kon Prins Willem homself nie vereenselwig met hierdie soort vervolgingswaansin nie.
Gou het sy simpatie by die Protestante en die Nederlandse volk gelê. Uiteindelik het hy hom beywer vir
geloofsvryheid en om die Nederlanders te bevry van die Spaanse juk. Hierdie denkrigting het die verhouding
met Filip II versuur.
Op 31 Desember 1564 het Prins Willem in die Raad van State 'n pleidooi vir geloofsvryheid gelewer. In 1566
keer Prins Willem sy rug finaal op Filip II. In dieselfde jaar marsjeer 300 lede van die Nederlandse adel deur
die strate van Brussels na die paleis van die landvoogdes en halfsuster van Filip II, die hertogin Margaretha
van Parma ( 1522 - 1586).
'n Petisie "Die Smeekbrief van die Edeles" is aan haar oorhandig. Daarin het hulle geeis dat die vervolging
van Protestante gestaak word en dat die inkwisisie teruggetrek word.
In Augustus 1566, grootliks vanweë godsdiensontevredenheid en opsweping, het fanatieke opstandelinge
Katolieke kerke en kloosters bestorm. Groot skade is aangerig. In reaksie hierop stuur Filip II in Augustus
1567 die hertog van Alva Fernando Alvarez de Toledo na Brussels om die orde te herstel en Protestantisme
uit te roei.
Alva, n Katolieke fanatikus en 'n hater van Protestante arriveer in die stad in 1567 met sowat 10 000 soldate.
Margaretha word vervang waarna die Raad van Beroerte, ook bekend as die Bloedraad, ingestel word - die
Bloedraad was n buitengewone regbank wat protestante verhoor en tereggestel het.
Verskeie teregstellings van edeles was ook voltrek waaronder graaf van Egmont en graaf van Hoorne getel
het. Albei is onthoof op 5 Junie 1568.

                           
Skildery: Margaretha van (von) Parma. Tekening: Die Bloedraad 1616

In die tyd het Prins Willem as vlugteling vanuit sy graafskap Nassau in Duitsland militêre verset teen die
Spaanse skrikbewind georganiseer. In 1568 het hy met 'n onvoldoende leër die Nederlande binnegeval -
hierdie inval het die tagtigjarige oorlog ( 1568 - 1648) ingelui.
Na al sy onsuksesvolle pogings om Protestantisme uit te roei verlaat Alva die Nederlande op 28 November
1573.
Teen die tyd het duisende Nederlanders reeds hulle lewens verloor. Die Nederlanders se strewe na onafhank-
likheid het all hoe meer na vore begin tree.

Die skeiding - Die Noordelike deel van die Nederlande vorm 'n Republiek ( Verenigde Nederlande)
en die Suidelike deel bly Spaans ( Spaanse Nederlande)
1579 - die sewe noordelike provinsies Holland, Zeeland, Utrecht, Gelderland, Groningen, Friesland, en
Overijssel verenig teen Spanje en onderteken die Verdrag van die Unie van Utrecht. Daarteenoor het die
suide ( België) trou aan Spanje en die Katolieke geloof betuig.
1581 - die sewe noordelike provinsies verklaar hul onafhanklikheid en vorm n republiek bekend as die Repu-
bliek van die ( 7) Verenigde Nederlande.
Die vordering tot 'n republiek was grootliks te danke aan die leiding, inspirasie en onverskrokenheid van
Prins Willem.

Dood van Prins Willem
Op 10 Junie 1584 word hy in Prinsenhof te Delft deur 'n Katolieke fanatikus Balthasar Gerards vermoor.
In 1598 dra Filip II die Nederlande oor aan sy dogter Isabella. Sy het later in die huwelik getree met Albrecht
van Oostenryk.

                      


Fotos: Heelbo. Plek waar Prins Willem vermoor is. Graf van Willem in Delft.
Bo. Laaste woorde van Prins Willem - Enkele uren na de moord werd in Delft een vergadering van de Staten
Generaal gehouden. In de kantlijn van het verslag schreef iemand de laatste woorden van Willem van Oranje:
"Mon dieu ayez pitie de mon âme Mon dieu ayez pitie de ce pauvre peuple" (Mijn god, heb medelijden met
mijn ziel. Mijn god, heb medelijden met dit arme volk)