Die Zaanstreek                                                            Deurpad                                                 Home

Die Zaanstreek

Die tydtafel het nou gevorder tot die laat 1500's. In die Zaanstreek het daar nie meer as 7000 mense
( Zaankanters) gewoon nie, aldus gegewens. Soos die bevolking groei ontstaan daar ook 'n eie dialek,
kleredrag en gewoontes wat as "tipies Zaans" beskryf was.

Zaan word afgelei van die Zaanrivier wat deur die streek vloei. Tans omvat die Zaanstreek die dorpe Jisp,
Oostzaan, Wormer en Zaanstad.
Rond 1975 het die dorpe Zaandam, Koog aan de Zaan, Zaandijk, Wormerveer, Krommenie, Westzaan
en Assendelft opgegaan in een groot stad bekend as Zaanstad. Net Wormer, Jisp, Wijdewormer en
Oostzaan bly selfstandig.
Westzaandam en Oostzaandam was eers twee afsonderlike dorpe geskei deur die Zaanrivier. In opdrag
van Napoleon Bonaparte word beide dorpe in 1811 saamgevoeg tot een stad Zaandam.

Die Zaanstreek in die vêrre verlede
Die Zaanstreek was inderdaad honderde jare gelede nog net 'n woeste veenmoeras of waterryke gebied.
Die Noordsee en Zuidersee ( nou die Ijsselmeer) het sonder enige teenstand hul weggevind tot diep binne
die streek.
Dan was daar ook die IJ ( Het IJ), n breë seearm van die Zuiderzee ( nou die Ijsselmeer) wat gedurig in vloed
was. In die 10de eeu het 'n klein aantal Zaanse veenbewoners begin met die ontginning van die veenmoeras.
Beskikbare land word omsluit deur dyke om water teen te staan.Die eerste dorpe ontstaan in die hoërlig-
gende gebiede: Zaanden, Oostzaandam, Westzaan, Assendelft, Krommenie, Wormer, Jisp en Oostzaan.
Namate drooglegging van die streek vorder en deur beter beheer van water ontstaan ook: Zaandijk,
Westzaandam, Koog aan de Zaan en Wormerveer.

Die 17de eeu ook bekend as die Die Goue eeu
Reeds aan die einde van die 1500's was daar tekens van groeiende welvaart in die noordelike deel van die
Nederlande, ook in daardie tyd bekend as die Republiek van die 7 verenigde Nederlande.
In die 17de ( goue eeu van Nederland) groei die republiek uit tot die kommersieële, politieke en maritieme
mag van Europa.
Amsterdam ontwikkel tot 'n belangrike hawestad en finansieële sentrum. Handel, visserye en skeepsvaart
het grootliks bygedra tot die bloei van die hawestad. Die stad was ook een van die 6 VOC handelstede.
Skeepsbou in die geheel het gefloreer: Nederlandse skepe was in groot aanvraag veral in handelsvaart,
walvisvaart en visserye.
Skilderkuns beleef 'n triomfanklike era. Dink maar aan die werke van Rembrandt, Jan Vermeer, Jan Steen,
Jacob van Ruisdael, om maar net 'n paar te noem.
Nederlandse kolonies het op verskeie ander kontinente tot stand gekom. So het die Republiek ontwikkel
tot 'n koloniale mag.
Ook is seeroetes ontdek. Die handel se invloedryke mag was die VOC ( Verenigde Oost Indische Compagne).
Dié kom tot stand in 1602. Dan was daar ook die WIC ( Westindische Compagne) wat in 1621 tot stand kom.

In 1609 het Spanje ingestem om vyandelikhede teenoor die Republiek te staak. As gevolg van 'n gebrek aan
geld word Albrecht gedwing tot 'n ooreenkoms met die Republiek - die 12 jarige bestand ( 1609 - 1621) sien so
die lig.
In 1621 word die oorlog ( tagtigjarige oorlog 1568 - 1648) weereens hervat en word uiteindelik finaal beeindig
in die jaar 1648 met die ondertekening van die Vrede van Münster. Spanje erken daarmee die onafhanklikheid
van die Republiek van die 7 Verenigde Nederlande ( vandag se Nederland). Die Suidelike Nederlande
( België) bly Spaans.

Die Zaanstreek in die Goue eeu
Vanweë sy ekonomiese en industrieële ontwaking het die streek uitgegroei tot die eerste egte industrieële
gebied in Europa. Dit was te danke aan die houtindustrie en die nabyheid van 'n reeds florerende Amsterdam.
Honderde meulens het in die streek verrys, saagmeulens en verskeie ander soorte meulens;
"De belangrijkste waren houtzaagmolens, de korenmolens, de olie-, pel- en papiermolens, verfmolens,
cacaomolens, specerijmolens, schelpzandmolens, blauwselmolens, slijpmolens, volmolens (om wollen
stoffen tot vilt te stampen), mosterdmolens, snuifmolens, hennepkloppers (voor de touwslagerijen), krijtmolens,
cement- of trasmolens, runmolens tot zelfs een steenzaagmolen."

So kom ook tot stand; skeepswerwe, houtpakhuise, houtwerwe en houthuise met ryk versierde gewels.
Dit alles begin in 1596 met 'n besondere houtsaagmeule wat aan Cornelis Corneliszoon behoort het. Die
houtsaagmeule het gesorg vir 'n industrieëde manier van houtsaag, iets wat in daardie stadium geheel en al
met die hand geskied het.
Alhoewel hierdie meule die eerste van sy soort in die Zaanse houtindustrie was het soortgelyke meulens
gou vermeerder tot 367 wat inderdaad 'n groeiende houthandel tot gevolg gehad het.
Die Zaanstreek was meteens 'n wêreld van hout en nogmaals hout.

Werken in de molens
Daar was natuurlik nadele verbonde aan meulens: "In de 18de eeuw stonden er wel duizend molens in
de Zaanstreek. Milieuvervuilers tot en met. De mensen werden gek van het geraas, de stank, het brandgevaar
en de afvalstoffen die vrij werden afgevoerd.
Werken in de molen was zwaar. Bij gunstige wind draaiden de molens 24 uur per dag en maakten de arbeiders
lange dagen. Bij windstilte stopte het werk en daarmee veelal ook de inkomsten. Het was dan ook geen wonder
dat het jonge socialisme in Zaandam veel aanhangers vond. De Zaanstreek werd al snel een rood bolwerk.
De producten werden verpakt in tonnen, kisten of zakken. Met de komst van machines en de overgang van bulk
naar verpakt stukgoed waren veel arbeiders nodig, die voor het overgrote deel uit Amsterdam kwamen.
De meisjes en jongens uit Amsterdam werkten graag in de Zaanse fabrieken vanwege de gezelligheid en
saamhorigheid. Ze kwamen met treinen in aparte wagons. Meisjes en jongens strikt gescheiden. Omdat er veel
rivaliteit tussen de medewerkers van verschillende firma’s bestond, reisden er oudere werknemers mee om toe-
zicht te houden en eventuele vechtpartijen in de kiem te smoren. Tot 1950 mochten er geen getrouwde vrouwen
in de fabrieken werken. Bron. Zaans Museum

Hoe ookal sy, in die proses van verhoogde houtsaag produksie ontstaan daar in die dorpe West en Oost
Zaandam skeepswerwe. Weldra sou skeepsbou in hierdie deel van die wêreld uit groei tot die grootste en belang-
rikste in Europa.
Zaans vervaardigde skepe was in groot aanvraag en oor die algemeen goedkoper as die skepe van Amsterdam,
Rotterdam en Middelburg in Zeeland.
Selfs Czaar Peter die Grote was heel beindruk met die Zaanse skeepsbou sodanig so dat hy uit die vêrre
Rusland gekom het om in Zaandam te leer skepe bou.
Skeepsbou het weer ander nywerhede aangetrek en daarmee neem die meulenindustrie toe. So het dit gekom
dat daar in 'n stadium meer as 1000 meulens in werking was.

Hou ook in gedagte die florerende blekery in Oostzaan, die scheepsbeschuitbakkery in Wormer en Jisp,
die uitgebreide seildoekwewery en walvisvaart waarvan laasgenoemde 80% in die hande van die Zaankanters
was.

Tekening: Beperke aanduiding van die vele molens in die gebied bekend as West en Oost Zaandam. Die Zaan
rivier kan ook duidelik gesien word.

                                          
Tekeninge: Regs. De houtzager De Eikenboom. Eienaar: Molenbuurt nr. 1185E Jan Pietersz. Noomen,
houtkoper, eig. zaagmolen "De Bonte Exter en "De Eekenboom". Links. Blauwe pad. Het inmiddels ver-
dwenen Blauwe Pad heette oorspronklik "Jacob Claes Nomenpad". Daar het gewoonte was de paden te
noemen naar de eerste bewoner, weten wij dus ook waar hij gewoond heeft.

Een mooi schilderij van de paltrok De Grauwe Eend
Geskilder in 1834. In die agtergrond is die snuifmeule De Roohoom en die pelmeule De Walvisch. Laasgenoemde
verbrand in 1893.
Swart en wit foto: Die uiteinde van De Grauwe Eend