Die Nederlandse welvaart kwyn                                          Deurpad                                      Home

Die Nederlandse welvaart kwyn

Die welvaart van die 17de eeu ( Goue eeu) het nie in die opeenvolgende eeu oorleef nie. Reeds in die laat 17de eeu
begin die Republiek 'n toenemende verswakking in sy ekonomie, handel en nywerheid beleef. Een van die faktore
wat aanleiding gegee het tot hierdie verswakking was die oorloë met onderskeidelik  Engeland en Frankryk - dié
het gepaardgegaan met enorme finansieële uitgawes wat weer druk uitgeoefen het op die Republiek se ekonomie.
'n Verdere terugslag volg met die Pruisiese inval in 1787 en die oorname van die Republiek deur Franse revolusio-
nêres in 1795.
Hierna het Napoleon Bonaparte sy invloed en gesag in die deel van die wêreld uitgeoefen ( 1806 - 1813).
Invloed van buite het dan ook ingewerk op die Zaanse welvaart. Neem byvoorbeeld die Franse besetting van die
Republiek ( 1795 - 1813), dit het gelei tot die agteruitgang van die Zaanse skeepsbou, handel, walvisvaart en ander
verwante nywerhede.
Hoeveel die Zaanstreek ekonomies afhanklik was van Amsterdam word duidelik teen 1800 toe die Amsterdamse
stapelmark in duie stort. Die stad verloor haar leidende rol as finansieel-ekonomiese sentrum en sleep die
Zaanstreek mee in haar val.

Enorme armoede heers
Die verslegtende ekonomiese toestande het aanleiding gegee tot enorme armoede.
"In het begin van de 19e eeuw (1800-1900) heerste er in Nederland enorme armoede. Van de twee miljoen mensen
die toen in ons land woonden, konden er ruim 190.000 niet of nauwelijks rondkomen. In de stad Leiden bijvoorbeeld,
kon de helft van de bevolking niet in haar eigen levensonderhoud voorzien. In Amsterdam gold dit voor een derde deel
van de bevolking. De armoede was overal op straat zichtbaar. Kinderen van arme mensen werden regelmatig op
straat te vondeling gelegd omdat hun ouders geen geld hadden om nog een mond te voeden.
In die tijd hadden arme mensen nog geen recht op een uitkering van de regering. Zij konden wel bij instanties als
kerken, armenhuizen en particuliere comitéís aankloppen voor wat geld, brood, of kleding. Arme mensen die op deze
manier steun ontvingen werden de bedeelden genoemd. Zij kregen iets toebedeeld, maar hadden daar niet vanzelf-
sprekend recht op." Bron: De geschiedenis van de Maatschappij van Weldadigheid

Uit 'n ander hoek gesien was daar naas al die rykdom in die goue eeu ook veel arm mense wat hard moes werk
vir weinig geld. Soms was hulle so arm dat hulle moes bedel. En bedelary was nie altyd so goed ontvang nie.

Ekonomiese herstel
Later in de eeuw volgde de aanleg het Noordzeekanaal en de bouw van de spoorlijn Amsterdam-Zaandam. Samen
met het algehele herstel van de Nederlandse economie zorgde dit ervoor dat na 1870 een tweede bloeiperiode van
de Zaanse industrie aanbrak.
In deze periode werden de windmolens in het veld vervangen door grote fabrieksgebouwen langs de Zaan. Tot rond
1970 stonden langs de oevers van de Zaan grote, vierkante fabrieken, pakhuizen en pellerijen. De Zaanstreek werd
in deze periode ook wel de voorraadkast van Nederland genoemd. Bekende bedrijven als Verkade, Duyvis, Albert
Heijn en Lassie (rijst) rechtvaardigden deze benaming. Maar daarnaast waren er allerlei andere, minder bekende
industrieën te vinden, van scheepsbouw en houthandel tot papierfabricage, drukkerijen en linoleumfabrieken. Door
de economische teruggang in de jaren zeventig en tachtig gingen een aantal bedrijven failliet. Andere fabrieken
werden gesloten en verplaatst naar de oevers van het Noordzeekanaal. De laatste tien jaar is te zien dat langs de
Zaan weer meer woningen verschijnen terwijl de industrie verdwijnt. Ondanks dit alles zijn er langs de Zaanoevers
nog veel industrieën te vinden.
Die Republiek word 'n Betaafse Republiek ( 1795 - 1806)
In 1795 word die Republiek deur Franse revolusionêres oorgeneem. So word die Republiek van (7) verenigde
Nederlande 'n Betaafse Republiek.
Erfprins Willem Frederik van Oranje-Nassau of te wel koning Willem I vlug na Engeland waar hy aanbly tot in
1813.

Die Republiek word die Koninkryk van Holland ( 1806 - 1813)
In 1806 word die Betaafse Republiek deur Napoleon Bonaparte beeindig. Hy verander die Republiek na die
Koninkryk van Holland ( Fr. Royaume de Hollande) waarin Lodewyk Napoleon, broer van Napoleon Bonaparte
die septer swaai. In dieselfde jaar word die Kaapkolonie, wat eers onder VOC gesag gestaan het, oorgedra
na die Engelse. In 1810 word Lodewyk deur Napoleon gedwing om te abdikeer waarna die Republiek by
Frankryk ingelyf word en onder sy beheer staan ( 1810 - 1813).
West Zaandam en Oost Zaandam was tot en met 1812 twee afsonderlike dorpe geskei deur die Zaanrivier. Na
sy besoek aan Zaandam besluit Napoleon om beide dorpe by Zaandam in te voeg.
In 1808 word die hoofdstad van die land van Den Haag na Amsterdam verplaas. Verder word die Koninkryk van
Holland aanvanklik verdeel in nege departemente:

Departement Bataafs-Brabant
Departement Drenthe
Departement Friesland
Departement Gelderland
Departement Holland
Departement Overijssel
Departement Groningen
Departement Utrecht
Departement Zeeland





Die Republiek weereens vry
In 1813 het die vyandelike magte Napoleon by Waterloo verslaan. Met die nederlaag was Nederland weer vry.
Teen April 1814 onttrek die laaste Franse soldate uit die Republiek.
Op 30 November 1813, na 18 jaar in Engeland, is Erfprins Willem Frederik van Oranje-Nassau of te wel koning
Willem I terug in Nederland.
Verenigde Noord en Suid Nederlande ( 1815 - 1830)

        
Links. Kaart van die noord en suid Nederlande. Regs. Koning Willem I

1815. België ( suid Nederland) wat eers onder Spaanse heerskappy gestaan het en daarna onder Oostenryk,
was deur die Kongres van Wenen toegeken aan die Koninkryk van Holland.
Erfprins Willem Frederik van Oranje Nassau of te wel koning Willem I word die soewereine vors van die
verenigde ( suid en noord) Nederlande. Hy word ook Hertog van Limburg en Groothertog van Luxemburg

Permanente skeiding
Maar die geforseerde integrasie van die twee Nederlande sou net 15 jaar hou, want in 1830, na hewige opstande,
het België weggeskeur.
In 1839 word die skeiding amptelik. Nederland erken sy suidelike buurland se soewereiniteit. Nederland self
het bly voortbestaan as die Koninkryk van Nederland. In die oorblywende deel van daardie eeu het die land
aandag geskenk aan sy plaaslike ekonomie wat grootliks gebasseer was op landbou, visserye en handel.
Op die politieke front het daar 'n duidelike boodskap uitgegaan vir meer demokratiese hervorming. Dit het beslag
gegee  aan die liberale konstitusie van 1848, tydens die bewind van Willem II ( 1840 - 1849).