Die Zuiderzee en die Rede van Texel                                          Deurpad                                    Home

Die Zuiderzee en die Rede van Texel

Om te vaar oor die Zuiderzee was moeilik en tydrowend   
Voor die skep van die Noord Hollansch Kanaal moes skepe noodwending van en na Amsterdam oor
die Zuiderzee vaar. En dit was veral vir diepliggende skepe soos die VOC koopvaardes moeilik vanweë
sandbanke en die versanding van die Pampus wat geleë was in die monding van die IJ  ten ooste
van Amsterdam en ten noorde van Muiden.
Die Pampus was nie 'n sandbank nie maar wel 'n geul (Eng. Gully, narrow channel). Die woord "vaargeul"
is miskien hier van beter toepassing. Vaargeul (Eng. narrow channel of deeper navigatable water). Dié  
se waterdiepte het verminder vanweë versanding, sodanig so dat 'n slap pulpagtige sandformasie ( moontlik
sandplaat) 'n hindernis of hinderlike ondiepte (vlakte) vir swaargelaaide en groot skepe geword het waaroor
hulle nie kon vaar nie. Dit het veral gebeur by laag water.
Byvoorbeeld: Skepe vaar oor die Zuiderzee na die toe nog oop IJ. Daar gekom moes hulle eers oor die
Pampus om uiteindelik na die Amsterdam hawe te vaar. Swaarder en diepliggende skepe, veral die groot
VOC koopvaarders bly in die Pampus vasval.
Eers word die probleem aangespreek deur 'n deel van die vrag oor te laai na kleiner skepe. Ten einde bleik
dit nie 'n langdurige oplossing te wees nie.

Die uiteinde was om die skepe met behulp van "scheepskamelen" oor die Pampus te sleep. Dié was twee
drywende dokke of anders gestel caissons bekend as "scheepskamelen" wat onderling met mekaar verbind  
was met toue of kettings waarin die skip kon pas. Beide het die romp aan die sykante van 'n skip omsluit.
Verder was hulle gevul met water sodat hulle 'n redelike diepte in die see kon sak. Word die water uitgepomp
lig hulle hoër op uit die see.
In die proses  word skepe dan "getilt" ( opgelig) en met die hulp van sleepbote oor die ondiepte gesleep.
Omdat die caissons soos kamele swaar laste kon vervoer word dit "scheepskamelen" genoem. Behalwe die
moelike tog oor die Pampus was die vaart oor die Zuiderzee tydrowend en moeilik.


Goeie voorbeeld van 'n scheepskameel
aan die sykant van 'n vaarder en 'n sleepboot aan die voorpunt.

NS. Die Zuiderzee ( Suidsee)  was voorheen 'n vlak inlaat van die Noordsee in die noordweste van Nederland.
Lengte van die see: by die 100 km; Breedte: by die 50 km; Diepte: tussen 4 en 5 meter.
Bekende dorpe, ook bekend as VOC handelstede, langs die Zuiderzee was Hoorn, Enkhuizen en Amsterdam.


  
Kaart links dui die Zuiderzee aan. Kaart regs dui IJsselmeer en afsluitdyk aan

Die Zuiderzee bestaan nie meer nie. De Maatschappij tot Uitvoering van Zuiderzeewerken slaag daarin
om die Zuiderzee af te sluit van die Noordzee deur middel van 'n 32 km dam, bekend as die afsluitdyk
wat in 1932 voltooi is. So kom die Waddensee en IJsselmeer tot stand.
Die mond van die inlaat of anders gestel die deel tussen die afsluitdyk en die Wes Friesiese eilande staan
vandag bekend as die Waddensee en die deel suid van die afsluitdyk as die Ijssemeer, die grootste
varswatermeer in Wes Europa.

Hierna word vier groot polders uit die IJsselmeer herwin; die Wieringermeer polder (1930), die Noordoost
polder (1942), Oostelijk Flevoland (1957) en Zuidelike Flevoland (1968). Dit beteken 'n herwinning van
165,000 hektaar nuwe land wat aangewend word vir landbou, behuising, werkskepping en ontspanning.

Skeepvaart veskuif na die Rede van Texel ( Nou Texelstroom)
Al in die 15de eeu was die Rede van Texel  belangrik vir die skeepvaart.
Maar dan kom die 17de en 18de eeu. Die groei van die skeepvaart neem toe en sorg sodoende vir veel
bedrywighede op die Rede. Allerlei skepe lé hier geanker - VOC koopvaarders, walvisvaarders, oorlog-
skepe en skepe van die West-Indische Compagnie. Nie net alleen dien die Rede as vertrek en aankom-
spunt nie,nodige proviand en vars water uit die Wezenputten word ook hier aanboord geneem en word
ook hier beman.
Skepe/vaarders vetrek half gelaai uit die hawestede Hoorn, Enkhuizen en Amsterdam aan die Zuider-
see en word verder op die Rede gelaai waarvandaan hulle ook vertrek. Hierdeur word die laai van goedere,
ens grootliks verplaas van die hawestede na die Rede van Texel. Dit word natuurlik toegeskryf aan die
ondieptes van die Zuiderzee wat dit vir die skepe van groter omvang moeilik gemaak het om oor hierdie
binnesee te vaar.
Daar was gebruik gemaak van platboomskuite bekend as ligters om goedere en bemanning van en na
die skepe op die Rede te bring. Dit lei tot erge onophoud en groter onkostes.

NS. Skepe/vaarders was afhanklik van windsterkte en windrigtings vervolgens moes hulle in die Rede
van Texel vergader waar hulle op 'n gunstige wind gewag het om die Noordsee te kon binnevaar. En dit
kon dae neem.
Om vanaf die Rede van Texel na die Noordsee te vaar kon een van twee roetes gevolg word: via die
Marsdiep tussen Texel en Den Helder of deur die Vlie tussen Terschelling en Vlieland. Marsdiep en die
Vlie was vir eeue lank die verbindinsweë tussen die Noordsee en die Zuidersee.

NS. Texel, Vlieland, Terschelling, Ameland en Schiermonnikoog staan vandag bekend as die Wadden
Eilande.