Die geskiedenis van die Familie Noome vanaf 1871   
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 12b 12c 13 13b 14 15 16 17 18 19 20 21                                                      Home

Oor hoeveel waarheid en juisheid hierdie verhale of wat ons dit ookal wil noem beskik kan ek nie
bepaal nie. Feit is egter dat daar wel 'n groot hoeveelheid goud op 4 Junie 1900 verwyder was en
uiteindelik in Lourence Marques gearriveer het
Dr. Gustav Preller, wie in die tyd van die Anglo Boere oorlog, 'n klerk in die Departement van Myne was, laat
geen twyfel dat 'n groot aantal goud wel Pretoria verlaat het nie. Dit was net 'n dag voor die Britte Pretoria op
5 Junie 1900 binnegeval het. Om 'n lang storie kort te maak vertel Preller hoe die proses verloop het om die
goud te verwyder voor die Britte opdaag in Pretoria. Op 28 Mei ontvang hy opdrag om vervoer te reël omdat
"baie belangrike goed uit Pretoria geneem moet word." Na 'n gesukkel vind hy in Sunnyside 'n ligte wa wat
deur twee esels getrek word. Net voor middernag arriveer hy daarmee op Kerkplein. Die wa word toe in 'n smal
gang tussen die Nasionale Bank geboue, die Paleis van Justisie en die ou munt getrek. Daar in die teenswoor-
digheid van Genl. Jan Smuts is die goud gelaai. Preller was toe beveel om die wa na die ouditeur generaal by
Pretoria stasie te neem. "Ek het op die goud gestaan net agter die drywer," het Preller gesê. Nog drie keer
daardie nag het Preller goud na die stasie geneem waar dit op die presidensieële trein gelaai is.
Volgens Preller was hy nie seker of dit wel op 28 Mei was nie. Dit kon net sowel 4 Junie gewees het want dit
is 'n historiese feit dat die goud op 4 Junie 1900 verwyder was. Volgens Ernest Meyer was dit wel op 4 Junie,
die dag toe die eerste skote begin klap het by Sesmyl Spruit net buite Pretoria. Meyer was die meester van
die Munt in 1900.

   
Fotos. Links. Genl. Jan Smuts. Regs. A) Die Paleis van Justisie op Kerkplein, Pretoria, net voor voltooiing.
Links (B) van die Paleis is die poskantoor en die staatsbank. In die voorgrond (C) is die vroeëre voetstuk van
die Kruger standbeeld. Na die Britse besetting van Pretoria op 5 Junie 1900 word die Paleis van Justisie ge-
bruik as hospitaal ( Die "Irish" hospitaal). Vanaf 1901 word die Paleis weer gebruik vir sy oorspronklike funksie.
Fotos. Lantern.

Van Pretoria na Machadodorp
Vroeg oggend verlaat die trein Pretoria stasie en bereik Machadodorp in die namiddag. Hier het Meyer gehelp
met uitbetalings in goud.

Van Machadodorp na Lourenco Marques
Met die vetrek van Meyer op 17 Julie 1900 word die goud "Kruger miljoene" onder toesig van Kommandant
Meindert Noome, hoofklerk in die Kantoor van die Ouditeur Generaal, geplaas wanneer dit Machado-
dorp in Augustus verlaat. Op 31 Augustus 1900 is 62 kiste goud oorhandig aan 'n Duitse firma Wilken en
Ackerman, in Lourenco Marques, Mosambiek. Die ZAR het krediet gekry vir die waarde van die goud. Daarmee
kon Kommandant Noome groot hoeveelhede voedsel - 44 000 sak meelblom byvoorbeeld en ander voorrade aan-
koop, stoomskepe huur, en geïnterneerde boere versorg in Portugees-Oos-Afrika en Portugal. Groot bedrae is
ook in Europa beskikbaar gestel vir die onderhoud van Boere vlugtelinge.