`n Brunch
Die skoolvakansie is om die draai.
In plaas van net ontbyt, noenmaal of aandete, kan
net aandete en `n brunch bedien word.

Wat is `n Brunch
`n Brunch is `n kombinasie van laatontbyt en `n
vroeë noenmaal.  Die hoofkenmerk van `n brunch is informaliteit.

Die spyskaart
Dit word bepaal deur die aantal gaste, die soort
gaste (kinders of volwassenes). `n Brunch sluit
ook altyd nagereg in en baie melk, tee of koffie en vrugtesappe.
Voorbeeld van `n spyskaart:

Suiwel drankie
Muesli
Braaipan ete met volgraan broot en botter
`n Hoender-roergereg met melba-roosterbrood
Lemoenkaaskoek
Koffie           Melk            Tee

Resepte vir `n Brunch
Suiweldrankie
100ml     ongegeurde joghurt
eier
12,5ml   Koringkiem
12,5ml   Heuning
25ml     Grenadellamoes

Metode
Plaas al die bestandele in `n versapper en meng
vir `n paar sekondes.  Bedien koud.

Muesli
50ml     hawermeel
25ml     koringkiem
10ml     ongesoute grondbone
15ml     rosyntjies
25ml     sonneblomsaad
     enige beskikbare vars vrugte

Metode
Meng die bestandele en bedien saam met joghurt

Braaipan-ete (4-6 porsies)
50ml     Botter
Ui
Knoffelhuisies
250g     Spek in blokkies gesny
Soetrissis, gekap
Groot tamaties, geskil en in skywe gsny
115g     Sampioene, in skywe gesny
3ml     Sout
Knypie swartpeper
5ml     Vars kruie(bv. Tiemie,basielkruid,ens)
25ml     Gekapte pietersielie
230g     Blik suikermielies (opsioneel)
100g     Beleë Cheddarkaas

Metode
Smelt botter in `n braaipan.  Braai die ui en knoffel
totdat dit gaar is.  Voeg spek en rissies by, braai vir
10min teen lae hitte.  Roer tmaties, sampioene,
smaakmiddels en vars kruie by en kook vir `n verdure
5 min.  Voeg mielies(opsioneel) by en roer totdat dit
verhit is.
Verwyder van hitte.  Voeg kaas by en roer deeglik.
Bedien met vars gebakte volgraanbroodrolletjies en
botter.

Hoender-roergereg (4-6 porsies)
125ml     Gekapte ui
125ml     Gekapte soetrissie
80ml     Splinter amandels
65ml     Botter
625ml     Blokkies, gaar hoender
3ml     Sout
Vars gemaalde swartpeper
Eiers, liggies geklits
125ml     Gerasperde Parmesankaas

Metode
Smelt botter in kastrol.  Braai ui, soetrissie en amandls totdat dit gaar is. Voeg hoender en smaakmiddels by en meng goed.  Sit die deksel op en verhit.  Meng die eiers met die kas, giet oor hoender.  Kook oor lae hitte terwyl aanhoudend geroer word totdat die eiers gaar is.  Bedien onmiddelik saam met Melba-roosterbrood.
Beëndig die ete met `n smaaklike lemoen-
Kaaskoek.


Resepte Afrikaans - Kaas en Wyn 2    
Uit die Kombuis                                                   Home

Kaas en Wyn                   1     2      3

Lemoenkaaskoek
Kors
Pakkie volgraankoekies
37,5ml     Suiker
75ml     Botter
Krummel die beskuitjies en meng met botter en suiker.  Sprinkel die
helfte van hierdie mengsel in die bodem van `n losboomkoekpan.

Vulsel
15ml     Gelatien
30ml     Koue water
Eiers, geskei
250ml     Maaskaas
125ml     Melk
190ml     Suiker
Blikkie gekonsentreerde lemoensap

The territory of Chianti lies between Florence and Siena. It is
the famous land of vineyards and hilltop towns, with Greve,
Radda and Castellina forming a triangle in the very heart of
Chianti.

Metode
Strooi gelatien oor koue water en laat week.  Klits eiergele, melk en 12,5ml suiker in `n dubbelkastrol.  Roer oor kokende water totdat `n lag
vla oor die agterkant van die lepel vorm.  Verwyder onmiddelik van hitte
en laat afkoel.  Voeg gelatien by en roer totdat dit opgelos is.  Voeg lemoensap en maaskaas by en roer tot glad.  Klits eierwitte en suiker totdat dit styf is en vou in mengsel in.  Giet in koekpan.  Laat stol in yskas.  Strooi die res van die krummelmengsel bo-oor en garner met lemoenskywe.

Eetgerei en bykomstighede
Dit sal afhang waar die brunch bedoen word - binne of buite.
Vir `n informele geleentheid kan u gebruik maak van bont tafeldoeke met bypassende serviette, erdeware of pottbakkersware en dikker glassware.By `n formele geleentheid bv `n troue kan u gebruik maak van porselein, silwer en kanttafeldoeke.
Op `n heerlike sonnige dag kan van seilstoele en sambrele gebruik gemaak word en die brunch bv by die swembad bedien word.
Dit sal afhang waar die brunch bedien word - binne- of buitenshuis en van die geleentheid warvoor dit aangebied word.
Vir `n informele geleentheid kan u gebruik maak van bont tafeldoeke met bypassende servette, erdeware of pottebakkersware en dikker glassware.  By `n formele geleentheid bv ;n troue kan u gebruik maak van porselein en silwer en op `n kanttafeldoen dek.
Op `n heerlike sonnige dag kan van seilstoele en sambrele gebruik gemaak word en die brunch kan in die opelug om die swembad bedien word, waarna almal kan induik vir `n swem.

Die Rampartytjie

 In die ou dae was oujongkêrels geensins die ideale status nie, want volgens die ou kulture bv. Die Grieke en Romeine, was ongetroude  mans baie swaarder belas as hul getroude vriende.  As `n man na `n sekere ouderdom nog ongetroud was, was daar boon-op `n swaar straf op hom gelê.

Vandag word `n rampartytjie vir `n toekomstige bruidegom beskou as sy laaste lekker partytjie

Dit hang heeltemal af van wat besluit word om te doen vir die toekomstige bruidegom.  Indien `n onthaal gehou word kan `n kaas-en wynonthaal gehou word.  Kaas-en wynonthaal het min voorbereiding nodig.  
Gebruik die resepte/onthaal vir die Kaas- en wynonthaal soos reeds bespreek.  In plaas van `n deftige onthaal kan die rampartytjie heeltemal weer informeel gehou word.  
Tafeldoek

Kies een wat baie informeel is bv goiing sakke of tafeldoeke en dit pas ook goed saam met die kleur van die kase.  

Rangskikking

Maak gebruik van vrugte met `n hoed daarby, of enigiets “manliks”.  Gee u gedagtes vrye teuels!!

Kase en bykomstighede

Gaan tewerk soos vir `n gewone kaas- en wynonthaal.  Ander bykomstighede bv. Vleispasteitjies, southappies ens kan ook bygevoeg word.

Wyn

Kan bedien word in bv `n houtvaatjie wat ideal by die geleentheid sal pas, afhangende dan ook van persoonlike smaak.

Iets om te bedien

 225g      maaskaas
12,5 ml   uiesap
12,5 ml   worcestersous
2 ml        droë tiemie
Tabasco
Suurlemoensap na smaak
Gerasperde biltong

Meng al die bestandele behalwe die biltong goed aam en verkoel in die yskas.  Maak okkerneutgrootte-balletjies en rol in grof gerasperde biltong.  Verkoel weer voor bediening