Sjampanje-ontbyt
Vir `n heerlike verandering kan dit opwindend wees
om die dag te begin met `n sjampanje-ontbyt.  Omdat `n sjampanje-ontbyt former of informeel voortgesit kan word, is dit ook `n uitstekende manier van onthaal tydens `n verlowingspartytjie of `n troue.  Die woord “ontbyt” dui aan dat dit `n redelike vroeë onthaal is en gewoonlik begin dit dan ook tussen 08:00 en 09:30.  Alle ontbytgeregte is dus geskik vir hierdie tipe van onthaal en met `n genotvolle drankie soos sjampanje sal al die gaste gou in die regte luim wees vir `n
heerlike partytjie.

Probeer om die tafel so feestelik moontlik te laat vertoon.  As die funksie formeel is kan u `n deftige tafeldoek gebruik met silwer en glas, of anders `n vrolike gekleurde tafeldoek met bypassende servette.  Erdeware lyk pragtig en is informeel.  `n Blommerangskikking wat by die kleurskema pas dra daartoe by om `n feestelike atmosfeer te skep.

Afhangende van die aantal gaste wat u verwag  en
die ruimte tot u beskikking, kan u self oordeel of u `n aansit-ontbyt wil bedien en of u die geregte op `n tafel wil dek soos vir `n buffetonthaal.

Spyskaart vir `n Sjampanje-ontbyt
Joghurt-vrugtekelkie
Tuna in Sampioene gebak
Franse omelet met ham en aspersierolletjies
Niertjiepastei
Gevulde, gebakte tamaties
Heelgraanbroodjie
Sjampanje
Koffie/tee               
Melktertjies

Resepte vir Sjampanje-ontbyt

Joghurt-vrugtekelke

500ml     Joghurt gewoon of gegeurd
Piesang

Spoel die aarbeie af en verwyder stingelgedeelte.  
Skil die piesang af en sny in dun skyfies.  Meng die vrugte met die joghurt en skep in kelkies.  Versier met kruisementblaartjies en bedien koud.

Tuna in sampioene gebak

groot vars sampioene afgespoel en droog gemaak.
225g      Blikkie tuna gedreineer
25ml     seldery fyngekap
45ml     groen soetrissie fyngekap
20ml     droë witwyn
15ml     ui gekap
1ml     droë oregano
10ml     pietersielie fyngekap
75ml     Parmesankaas

Verwyder die stamme van die skoongemaakte sampioene.  Plaas al die ander bestandele behalwe
die kaas in die versapper en versap of druk die
mengsel deur `n sif.  Vul sampioene.  Strooi die kap
bo-oor en plaas op `n bakplaat.  Plaas vir 8 min onder oondrooster.  Bedien dadelik.

Franse Omelet
eiers
10ml     water
3ml     sout
20ml     botter
     knippie peper

Klits die eiers, voeg water, sout en peper by.  
Meng.  Verhit die braaipan en smelt die botter daarin.  Giet die eiermengsel in sodra die botter begin sis.  Braai oor `n matige hitte en lig die kante van die
omelet effens met `n slaplemmes.  Lig die pan as
die omelet te vinnig braai en nog nie bo styf word nie.  Die omelet is gaar as dit bo-op nog sag en romerig is maar nie loperig nie.  Hou `n warm bord gereed en
laat die omelet op die bord uitglip.  Dien warm op met kaassous.

Kasssous
37,5ml     botter
37,5ml     meelblom
200ml     melk
3ml     sout
1ml     peper
5ml     mosterd
200ml     gerasperde Cheddarkaas
Resepte Afrikaans - Kaas en Wyn 3    
Uit die Kombuis                                                 Home

Kaas en Wyn                         1       2       3

Maak `n witsous deur die botter oor `n lae hitte te smelt en dan die meelblom en mosterd by te voeg.  Roer die melk stadig by.  Roer en
kook 3 min lank totdat die sous glad en dik is.  Geur die mengsel met sout en peper.  Voeg die kaas by net voor opdiening.

Ham-en aspersierolletjies
stukkies dun gesnyde ham
410g     vars of ingemaakte aspersies
12,5ml     aangemaakte mosterd

Smeer die stukkies ham met mosterd.  Rol dan een of twee aspersies daarin to en steek met peuselstokkie vas.  
Plaas in oond om warm te word en bedien met kaassous.

Niertjiepaste
10     skaapniertjies
400g     beesvleis sonder bene
     sout en peper na smaak
50ml     meelblom
25ml     botter
medium ui in skywe gesny
500g     gevriesde blaardeeg
500ml     kookwater
50ml     asyn
lourierblare
4     naeltjies
100ml     suurroom

Verwyder vliesies om en buisies uit die niertjies en sny in stukkies.  
Sny die beesvleis in blokkies.  Geur die niertjies en beesvleis met sout
en peper, strooi met meelblom om elke stukkie te bedek.  Verhit die
botter in `n kastrol en braai die niertjies en vleis effens bruin.  Voeg die
ui by en braai nog 5min lank.  Voeg die water, asyn, lourierblaar en naeltjies by.  Kook 1 ½ uur lank oor stadige hitte.  Voeg die suurroom by sodra die vleis saggekook is.  Skep die vleis in `n pasteiskottel met
`n pasteitregter in die middel.  Plaas nou die uitgerolde blaardeeg bo-oor en druk die rand vas om dit in posisie te hou.  Moenie die deeg rek nie.  Verf met verdunde melk en eiergeel.  Sny spleetjies hier en daar sodat
die stoom kan ontsnap.  Bak 10 min lank in `n warm oond 230°C.  Verminder die hitte tot 200°C en bak
nog 20-25 min lank.
Gevulde, gebakte tamaties
middelmatige tamaties
200g     lewerworssmeer
200g     geroomde maaskaas
20ml     gekapte ui
     sout en peper na smaak

Sny die bokant van elke tamatie af en krap die sagte gedeelte van elke tamatie uit.  Meng die lewerworssmeer, tamatiemoes en roomkaas
saam.  Geur met sout en peper.  Vul elke tamatie met lewerworsmengsel.  Plaas op `n gesmeerde bakplaat.  Bak in `n matige oond 180°C vir 15-20 min lank.

Volgraanbroodjie
400g     volgraanmeelblom
8ml     koeksoda
5ml     sout
60ml     wit uiesoppoeier
250ml     ongegeurde joghurt
250ml     karringmelk
eier
25ml     botter, gesmelt

Sif die meelblom, koeksoda en sout saam.  Meng joghurt, karringmelk, uiesop, eier en gesmelte botter saam.  Voeg by meelmengsel en meng
tot `n sagte deeg.  Skep in `n goed gesmeerde broodpan en bak by
180°C vir ongveer 50 min.  Toets met toetspen.  Laat afkoel op draadrakkie.

Melktertjies
stukkie pypkaneel
500ml     warm melk
75ml     suiker
     knippie sout
75ml     meelblom
125ml     botter
eiers geklits
     broskorsterddoppies

Voeg die pypkaneel by die melk en verhit tot kookpunt.  Haal die geurmiddel uit.  Meng die suiker, sout en meelblom, voeg `n bietjie
warm melk stadig by en meng goed.  Gooi terug in die kastrol en kook terwyl dit geroer word.  Haal van die stoof af en roer die botter in.  Laat afkoel en roer die geklitste eier in.  Skep die vulsel in terddoppies.  
Strooi kaneelsuiker oor en bak 10 min lank in `n baie warm oond, 240°C.  Verminder die hitte tot 180°C en bak nog 10 min lank.  Dien warm of
koud op.

Broskors
500g     meelblom
5ml     sout
250g     botter
40g     suiker
175ml     yswater
25ml     suurlemoensap

Sif die meelblom en sout saam.  Sny en verf die botter daarin.  Los die suiker in die water op en voeg die suurlemoensap by.  Sprinkel net
genoeg vloeistof oor die meelblom en bottermengsel om dit aan te klam.  Druk aanmekaar met `n vurk.  Moenie die deeg knie nie.  Draai dit in waspapier toe en verkoel.  Rol dun uit en druk liggies in `n koekpannetjie vas.  Prik en bak vir 15min lank tot goudbruin ten 240°C