Home
Resepte

Kid's Birthday Party Recipes
Easter Recipe For Kids
Fun Snacks for Kids - Make it Mini
Kinder en Tienerpartyjies
Partytjie Speletjies 1
Partytjie Speletjies 2


Kinder en Tienerpartyjies

'n Tienerpartytjie
Die moderne tiener is sekerlik die mees sosiale wese in ons samelewing. 'n Tienerpartyjie hang af van die geleentheid en hang ook af wat die tieners wil he op so n partytjie.
Laat gerus die besluite, rangskikkings, ens aan die tieners oor.
As die geleentheid dit verlang kan genoeg doopsouse voorgesit word.
In plaas van Appelsap kan vrugte-, druiwesap of bola bedien word.'n Oulike idee vir tieners is uitgeholde kalbasdoppe, uitgeholde lemoenpampoetjies, selfs halwe lemoendoppe. Onthou net - tieners het 'n goeie aptyt. Onthou ook tieners hou nie van teveel soetgeregte nie.

Druiwe-ys
500 ml Liqui-fruit druiwesap
125 ml strooisuiker
5 ml vanielje-essens
50 ml Ligqui-fruit lemmetjiesap
375 ml dik room
100 ml fyngekapte neut
Meng die druiwe-n lemmetjiesap met helfte van die strooisuiker en vries. Klop room en res van die suiker saam.
Voeg vanielje en helfte van die neute by die room, skep op-oor die bevrore mengsel. Vries weer en garneer met res van die neute.

'n Goeie idee tema is ook Halloween tema vir ouer kinders of tieners.
Vir die tafelversiering kan jy blomkool gebruik wat met 'n gekleurde pen in verskillende patrone getrek word - dit lyk soos 'n brein. Popcorn kan swart gekleur word, rooi jellie kan gemaak word en in bakkies geskep word en op die tafel gesit word.
Rooi-en swartlekkers kan op tafel gestrooi word. Silwer glitter kan ook op die tafeldoek gegooi word. Gebruik n donker tafeldoek sodat die glitter mooi uitstaan. Sit n besem op die tafel vir versiering. Die kinders kan ook met kinderverf hul gesigte opmaak.
'n Liewe heksie kan teen die muur geplaas word. Die koeldrank blikkies kan in n sinkbad geplaas word wat swart geverf is.
Hekshoedjies kan vir elke kind gemaak word en sodra die kind by die partjie opdaag kry hy/sy so n hoed.
Dit kan 'n baie groot pret partytjie wees - dit hang af van die kinders. Die verjaardagkoek kan versier word met rooi- of swart versiersel. Dan kan die kinders ook baie oulike speletjies speel - gebruik 'n Harry Potter tema of speletjies.
Geniet die kinders/tienerpartytjie!!

         

Die Kinderpartyjie
'n Kind put oneindig veel genot uit sy verjaardagpartyjie, maar vir die moeders is dit nie altyd so aangenaam nie. Na al die koek en lekkers is die kleuters glad nie gretig om na hul normale voedsame boedsel terug te keer nie. Dit is dus 'n goeie idee om die partytjie in die plek van die kind se normale middagmaal te stel.
Kies 'n tema wat die kind se verbeelding sal prikkel. Bv. Sprokiesland, 'n plaas of 'n stasie en gebruil al u tafelversierings en voedsel om hierdie tema uit te beeld.
Die tafel waarop die kos voortgesit word, moet laag wees, sodat die kinders hulself kan help. Kies 'n effekleurige tafeldoek waarop die kinders maar kan mors! Gebruik gekleurde balonne met n 'n maatjie se naam op elk, as tafelversiering. Aan die einde van die partytjie kan elke kind sy eie balon huis toe neem - as die balon nie intusen gebars het nie.
Maak 'n vrugterangskikking in 'n speelding, bv. in 'n treintjie, vragmotor of popwiegie. Vrugte soos piesangs, appels, pere en aarbeie kan gebruik word. Sny bv. die lemoene in kwarte sodat die kinders dit maklik kan hanteer.
Kinders hou nie van vreemde smake nie.
Hier volg n paar idees om kaas en kaassmere op u tafel as versiering te gebruik.

Weenseworsiemannetjies
Maak mannetjies uit weenseworsies deur 'n halwe worsie te gebruik vir die lyfie. Sny die ander helfte weer in vier. Gebruik die vier stukkies om te dien as arms en bene. Maak die mannetjie se kop, hande en voete van vierkantige kaasblokkies en steek ook met tandestokkies vas.

Kaasbootjies
Hol klein broodrolletjies uit. Vul met vulsels soos kaas-enpynappel gemeng, stukkies hoender met mayonnaise of enige ander interessante vulsels. Roereiers is net so gewild.

Alfabetiese toebroodjies
Maak toebroodjies van wit-en volkoringbrood. Gebruik verskillende kaassmere en ander gewilde toebroodjiesmere. Sny alle letters van die alfabet uit die broodjies en rangskik dit plat op die tfeldoek of self op 'n groeneplank. Die broodjies kan 'n gewilde rympie of liedjie, of selfs 'n boodskappie aan die verjaardagmaagjie oordra.

Broodgesiggies
Maak 'n toebroodjie van wit-en bruinbrood. Druk uit met n ronde koekdrukker. Versier die ronde broodjie soos 'n gesiggie deur korente te gebruik vir oë, stukkies agurkies vir 'n mond en gerasperde kaas vir haartjies.

Windmeuletjies
Vul roomyshoringkies met groondboontjies of springmielies. Gebruik smeerkaas en 'n ronde soutbeskuitjie om die horing te verseël. Twee kaasstrootjies word aan die bopunt vasgesit met smeerkaas.

Ander wenke
Aartapelskyfies kan in jopies om doopsousbakkies gepaas word. Maak 'n interessante doopsoubakkie, bv. 'n komkommer- krokodil. Sny 'n wig uit die punt vir die bak.
Plaas swart lekekrs in vir tande. Sny die boonste kwart van ongeveer twee-derdes van die komkommer af. Hol uit en skep doopsous hier in.
Gebruik rosyne vir oë. Gebruik doopsouse wat nie te suur of te skerp smaak het nie bv. pynappel-doopsous of uiesopdoopsous.