Home
Resepte

Kid's Birthday Party Recipes
Easter Recipe For Kids
Fun Snacks for Kids - Make it Mini
Kinder en Tienerpartyjies
Partytjie Speletjies 1
Partytjie Speletjies 2


Partytjie Speletjies 2


Nog meer speletjies word tot die lys toegevoeg om die verjaarsdag maatjie en vriende besig te hou. Hou maar die lys dop vir meer toevoegings. Hier volg hulle.

Sak resies
Hierdie speletjie is sekerlik by ons almal bekend.
'n Wegspring plek word bepaal so ook 'n eindpunt. Die afstand tussen die twee punte kan bepaal word deur 'n ouer of ouers.
'n Sak groot genoeg vir die kind om in te klim en gemaklik aan die bopunt vas te hou word voorsien. Kinders tree in 'n ry aan elkeen in sy eie sak. Op die bevel van 'n ouer spring die kinders weg en hop dan tot by die eindpunt. Wie eerste oor die wenstreep hop wen.

Onthou die lied
Kinders luister na liedjies op CD en moet dan raai wat die titels is.

Versamel lekkers
Lekkers word in die tuin of huis versteek waarna kinders dit begin soek in 'n spesifieke tyd.


Vind 'n item
'n Item word in die tuin of huis versteek. Die een wat dit vind wen en kry 'n prys.

Papier loop
Kinders kompeteer met mekaar deur op 'n stuk papier te staan en dan 'n ander stuk voor hulle op die vloer te plaas. Gaan staan dan daarop, neem die agtergeblewe stuk papier en plaas die dan weer voor hulle op die vloer.
So duur die proses voort. Die wat eerste die eindpunt bereik wen.

Voer die monster
Neem 'n groot stewige karton bord. Teken daarop 'n monster gesig. Laat 'n redelike groot opening in die mond van die monster, groot genoeg om 'n sagte voorwerp soos 'n tennisbal daar deur te gooi.
Die bord word gestaan maak teen 'n stoel of paal. Die afstand tussen die monster bord en die punt vanwaar die bal gegooi word moet sowat 6 meter of meer wees.
Elke kind kry nou 'n kans om die monster te voer deur te probeer om die bal of sagte voorwerp deur die mond te gooi. 'n Suksesvolle gooi word beloon met 'n prys.

Basies dieselfde proses kan gevolg word deur 5 of meer plastiese bottels of enige ander plastiese voorwerpe in 'n ry langs mekaar op 'n afstand vanaf die gooipunt te maak staan.
Elke kind kry 'n beurt om met voorafbepaalde gooie (Bv: 5 gooie vir 5 voorwerpe) soveel moontlik van die voorwerpe om te gooi.


Raai hoeveel
'n Houer word gevul met klein items. Hou in gedagte hoeveel items in die houer gegaan het. Elkeen moet nou raai wat daardie hoeveelheid is.
Die een met die korrekte antwoord of naaste raaiskoot wen.

Aaanduiding van kol
Plak 'n groot prent van een of ander animasie dier of persoon teen 'n muur. 'n Kol word op die prent aangebring, op die stert, of oog, of waar ookal.
Wanneer sy beurt kom word die kind geblinddoek en tot voor die prent gebring vanwaar hy dan aandui op die prent waar die kol kan wees. Die kind met die naaste aanduiding wen.

Seepwater Babbel blaas
Gee aan elke kind 'n houer met seepwater en 'n item om babbels mee te blaas. Elkeen moet probeer om die grootste of die meeste babbels te blaas.


Waterhouer resies
Merk 'n wegspringpunt A en 'n omdraaipunt B. 'n Afstand (20 meter of meer) moet bepaal word tussen die twee punte.
Kinders word verdeel in twee of meer groepe. Elke groep word voorsien met 'n houer gevul met water. 'n Kind uit elke groep moet met die houer hardloop na punt B omdraai en dan terughardloop na punt A waar die volgende kind oorneem todat elke kind in die verskeie groepe die resies voltooi het.
Die groep wat die minste water gemors het wen.

Waterspons gooi
Hier word een of meer sponse en houers met water benodig. Een groep kinders staan teenoor 'n ander natuurlik met 'n redelike afstand tussen mekaar.
Die houers met water en sponse word aan beide groepe gegee. Die doel is om watergevulde sponse na mekaar te gooi en te vang.
'n Watergevulde ballon kan ook na mekaar gegooi word met die doel om dit te vang sonder om te bars.